Leesvordering:

Bepaal jou krimpvarkie-konsep

Jul 2, 2020

In ’n vorige artikel is die eerste stap wat jy na of tydens ’n krisis moet doen, bespreek. Dit is naamlik om seker te maak jy het die regte mense op die regte plekke in jou besigheid. Sodra jy die regte mense in jou besigheid aangestel het, mense wat ’n kultuur van dissipline het en die kernwaardes van die besigheid deel, moet jy eers krities na die stand van jou besigheid kyk. Dié artikel handel oor wat jy moet doen wanneer jy die regte span het, om te verseker dat jy aan jou besigheid se volhoubaarheid kan bou. Die kern hiervan is om werklik eerlik na die feite van jou besigheid te kyk en met ’n kritiese oog jou krimpvarkie-konsep saam te stel.

Konfronteer die wede feite

Dit beteken om data in te samel oor veronderstellings wat jy voorheen gemaak het wat moontlik onwaar kan wees. Watter deel van jou besigheid genereer werklik die meeste wins? Watter produk is werklik die beste verkoper? In watter geografiese gebied is jou kliënte en waar spandeer jy geld waar jy geen opbrengs kry nie? Druk elke bladsy data uit wat jy kan kry, en kyk met ’n kritiese oog na wat dit vir jou van jou besigheid vertel. Dit help dat jou fokus op jou kern ekonomiese enjin, jou beste kliënte en beste vooruitsigte geplaas is.

Wat is jou krimpvarkie-konsep?

Die krimpvarkie-konsep is gebaseer op ’n Griekse gelykenis wat daarop wys dat ’n vos baie dinge weet, maar ’n krimpvarkie net een belangrike ding weet. Die verhaal vertel hoe ’n vos verskillende planne het om ’n krimpvarkie te vang, hy bekruip hom, jaag hom of speel dood, maar die krimpvarkie weet net hoe om een ding goed te doen, en dit is om homself te beskerm. Jim Collins het die konsep verder verwerk in sy boek Good to Great, waarin hy bewys dat besighede meer geneig is om suksesvol te wees as hulle een ding kan identifiseer waarin hulle die beste is. Wanneer besighede dan swaartrek, is dit hulle fokus op dit waarin hulle werklik goed is, wat maak dat hulle oorleef.

Jy kan jou besigheid se krimpvarkie ontdek deur drie assesserings te doen:

  1. Verstaan waaroor jou mense werklik passievol is.
  2. Identifiseer wat jou besigheid beter as enigiemand anders doen.
  3. Stel vas waar die besigheid in die besonder goed is om omset te genereer (die ekonomiese enjin).

Die oorvleuelingspunt van dié drie faktore is waar jou krimpvarkie-konsep lê. Dit is waarop jy die meeste van jou fokus moet plaas in die herstelproses na ’n krisistyd. Indien jy werklik eerlik met jouself kan wees oor die ware feite van jou besigheid, die kern van jou bestaan en wat jou ekonomiese enjin is, sal dit makliker wees om te weet waar om jou energie aan te wend. Besighede met die regte mense, wat eerlik is oor die stand van hulle besigheid en bly by dit waarin hulle goed is – dit is hulle wat sterker gemaak word deur moeilike tye.

As jy meer oor vlak 5-leierskap en ’n opsomming van bogenoemde en ander beginsels van Jim Collins wil lees, klik hier.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest