Leesvordering:

AfriForum-saak oor repatriasie en kwarantyn more aangehoor

Jul 1, 2020

AfriForum se saak oor die probleme wat Suid-Afrikaners ondervind wat na dié land terugkeer of gerepatrieer word, word môre virtueel in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria aangehoor. Die saak handel onder meer daaroor dat mense wat tans uit die buiteland na Suid-Afrika terugkeer vir ’n minimum van 14 dae in ’n staatsfasiliteit in kwarantyn moet bly – en dat daar selfs voorsiening gemaak word daarvoor dat hulle vir dié verpligte verblyf sal moet betaal (hoewel dit nog nie toegepas word nie).

AfriForum het die afgelope drie maande voortdurend klagtes van mense in die fasiliteite ontvang. Klagtes handel oor gebrek aan mediese sorg en medikasie, probleme om kos te kry vir mense wat spesifieke dieetvereistes het, onhigiëniese toestande in sommige van die fasiliteite en tragiese persoonlike omstandighede wat die verblyf van 14 dae – selfs ná hulle negatief getoets het – veroorsaak. Van die mense repatrieer juis weens krisissituasies in hul nabye familie, maar kan dan niks doen om hul geliefdes te ondersteun nie – selfs al toets hulle negatief omdat hulle dié 14 dae steeds moet deursien.

AfriForum wil met dié saak oplossings vir die gerepatrieerdes se probleme vind, sonder dat enigeen se veiligheid in die gedrang kom.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest