Leesvordering:

Helpende Hand gryp in tydens COVID-19-pandemie

Aug 11, 2020

Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike afdeling weet hoe om met min baie te vermag. Solidariteit Helpende Hand is ’n gemeenskapsgebaseerde organisasie en fokus veral op volhoubare projekte in die gemeenskap. Met die COVID-19-inperking het werksaamhede radikaal verander. Met die afkondiging van die inperking in Maart het daar geweldige voedselnood by Afrikaner-gesinne ontstaan. Solidariteit Helpende Hand moes binne enkele dae oplossings vind vir die groeiende nood. Die Solidariteit Beweging Krisisfonds is gestig, en die Josef Silo’s waaruit inkomende voedselvoorrade landwyd versprei kan word, is in werking gestel.

Ons moet

In die tydperk Vanaf Maart tot Julie is 16 897 gesinne en 1 303 instansies bygestaan. ’n Bedrag van R 12.3 miljoen is aan voedselnood verleen. Ons besef dat die krisis met verdere inperking en die gevolge daarvan nog meer gaan vererger. Ons moet alternatiewe wyses vind om Afrikaners in staat te stel om die voedselnoodkrisis op te los. Hiervoor is maatskaplike ontwikkeling nodig.

Ons gaan

Die maatskaplike afdeling van Helpende Hand is tans besig met ’n omvattende plan om gemeenskappe op ’n volhoubare wyse te ontwikkel, deur veral opleidingsgeleenthede te ondersoek en maatskaplike programme in gemeenskappe van stapel te stuur. Terapeutiese ondersteuning word ook deur Ons Sentrum aan kinders gebied, sodat angs, spanning en ander maatskaplike kwessies – wat veral in hierdie tyd meer na vore gekom het – aangespreek kan word.

Ons kan

Deur opleiding en programme bemagtig ons gemeenskappe. Alhoewel ons reeds doeltreffende strukture in ons organisasie het en finansieel verantwoordbaar is, is ons fondse beperk. Ons kan met elke klein bydrae ’n groot verskil in iemand se lewe maak. Ons kan met jou hulp en ondersteuning aan elke Afrikaner weer ’n gevoel van “Ek het waarde” gee.

Kontak Solidariteit Helpende Hand vandag by helpendehand.co.za of www.krisisfonds.co.za en maak ’n skenking.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest