Leesvordering:

Regulasies vir selfkwarantyn

Aug 10, 2020

Die vergunning is aan baie streng voorskrifte onderhewig en iemand wat in selfkwarantyn geplaas wil word, of sy of haar werkgewer, moet ten minste 72 uur voor die beoogde reisdatum ’n skriftelike aansoek aan die Direkteur-generaal: Gesondheid voorlê om goedkeuring te kry.

’n Aansoek moet van die volgende vergesel gaan:

(a) Besonderhede van die plek en adres waar selfkwarantyn sal plaasvind;

(b) ’n skriftelike verklaring dat alle voorwaardes vir selfkwarantyn nagekom sal word;

(c) ’n afskrif van die identiteitsdokument of paspoort;

(d) kontakbesonderhede waar die aansoeker vir die duur van die kwarantyntydperk bereik kan word; en

(e) besonderhede van sy of haar bewegings oor die voorafgaande 30 dae.

Waar goedkeuring vir selfkwarantyn nie verleen is nie of daar bepaal is dat die persoon versuim om die selfkwarantynvoorwaardes na te kom, sal sodanige persoon in ’n kwarantynfasiliteit wat die staat aanwys, geplaas word.

Dit is belangrik dat mense wat uit die buiteland terugkeer baie deeglik kennis moet neem van die voorwaardes vir self-isolasie wat in die regulasies vervat word en nie moet aanvaar dat toestemming vir self-isolasie gewaarborg is nie. Dit is steeds aan die betrokke amptenare se diskresie onderhewig. As toestemming vir self-isolasie geweier word, moet die persoon steeds in ’n staatsfasiliteit bly, maar wel op staatskoste.

Kriteria vir selfkwarantyn en selfafsondering

Om vir selfkwarantyn of selfafsondering te kwalifiseer, moet die aansoeker die volgende hê:

  1. ’n Afsonderlike goed geventileerde slaapkamer met ‘n badkamer en toilet, of ‘n woonplek wat nie met persone wat nie aan kwarantyn onderhewig is nie, gedeel word nie.
  2. maaltye wat in die kamer bedien word in weggooibare eetgerei of eetgerei wat afsonderlik is en behoorlik gewas word, indien daar persone in die huishouding is wat nie aan kwarantyn onderhewig is nie;
  3. ondersteuning deur vriende of familielede wat die aflaai van voedsel en medisyne by die ingang kan fasiliteer indien hulle nie van aanlyn koopfasiliteite en kontaklose aflewering gebruik kan maak nie;
  4. ’n termometer waarmee die persoon sy of haar temperatuur daagliks kan meet;
  5. toegang tot die internet en ’n foon waarmee die persoon sy of haar simptome daagliks kan aanmeld;
  6. toegang tot ’n privaat dokter wat hy of sy kan skakel indien hy of sy mediese advies of sorg nodig het; en
  7. ’n kontaknommer waar hy of sy gedurende die tyd van selfkwarantyn of selfafsondering bereik kan word.

Indien die aansoek van ’n persoon wat in die land aankom, deur die Direkteur-generaal: Gesondheid goedgekeur word, sal hy of sy by aankoms toegelaat word om selfkwarantyn of selfafsondering toe te pas en sal hy of sy onderhewig wees aan protokolle vir gesondheidsaanmelding en gereelde opvolging deur die Departement van Gesondheid.

Neem kennis dat jy die formele prosesse moet volg om aansoek te doen vir self-kwarantyn. Hier is die aansoekvorm wat na quarantine@health.gov.za  cc: Albertina.Menyatso@health.gov.za en Pam.masilela@health.gov.za gestuur moet word.

APPLICATION FORM FOR SELF QUARANTINE

 

“Hierdie aanpassings is ’n oorwinning vir die gerepatrieerdes se regte, maar laat hulle ook met die groot verantwoordelikheid om verantwoordelik op te tree. AfriForum doen ’n beroep op almal om streng by die nuwe regulasies te hou en sodoende te sorg dat niemand se veiligheid nou in die gedrang kom omdat self-isolasie toegelaat word nie.”

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest