Leesvordering:

AfriForum oorweeg regsaksie oor KSA se rassediskriminerende aanstellings

Sep 2, 2020

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy regspan opdrag gegee om moontlike regsaksie teen Krieket Suid-Afrika (KSA) te ondersoek. Dít volg nadat Krieket Suid-Afrika aangekondig het dat hulle voortaan daartoe verbind sal wees om slegs swart konsultante aan te stel in ’n poging om transformasie te versnel. Dié besluit is Maandag tydens ’n vergadering met die Departement van Sport en Ontspanning bevestig.

“Krieket Suid-Afrika se besluit om uitsluitlik swart konsultante aan te stel, kan as niks anders as onregverdigbare rassediskriminasie beskou word nie,” sê Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum. “AfriForum neem sterk standpunt in teen enige vorm van rassediskriminasie en sal gevolglik die nodige aksie neem wat hierdie saak aanbetref. Dit is kommerwekkend dat dit nou ’n algemene verskynsel geword het dat sommige vorms van diskriminasie verskoon word en as “noodsaaklik” of “positief” geregverdig word. Gevaarlike en blatante dubbele standaarde soos dié moet beveg word, en as ’n burgerregteorganisasie is dit presies wat AfriForum sal doen,” sluit Roets af.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest