Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Kotze Law

Sep 16, 2020

Dit is ’n uitdaging om by ’n nuwe land aan te pas. Alles is anders, en om jou gunsteling- Suid-Afrikaanse produkte op te spoor, kan nogal moeilik wees. Gelukkig is Wêreldwyd hier om te help. Wêreldwyd se Wêreldgids is uniek. Hier maak jy kennis met Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld wat ’n netwerk van Suid-Afrikaners in die buiteland skep. Hierdie week is Kotze Law se regspraktyk in Perth, Australië die onderneming in die kollig.

Kotze Law (voorheen Suffolk-Law) is ’n boetiek-regspraktyk in die skilderagtige voorstad Bicton in Perth, Wes-Australië. Ons bied advies van hoë gehalte en verteenwoordig ’n uiteenlopende verskeidenheid individue en korporatiewe kliënte. Ons span prokureurs spesialiseer in handelsreg, konstruksiereg, familiereg en immigrasiereg.

Ons is een van die min regspraktyke wat kliënte kan bystaan met die ingewikkelde wetlike vereistes vir sowel besigheidsmigrasie as beleggingsmigrasie na Australië. Ons spesialiseer in oplossings vir sakemense en beleggers wat na Australië wil migreer en bied ’n volledige diens wat die hele proses insluit.

Besoek Kotze Law se profiel op die Wêreldgids hier.

Die Wêreldgids wil mense wat besig is om in die buiteland aan te pas help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hulle ondernemings te ondersteun. Die interaktiewe gids maak dit vir Suid-Afrikaners in die buiteland moontlik om hul ondernemings gratis in die Wêreldgids te laat opneem.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest