Leesvordering:

Ek is jong Suid-Afrika

Sep 23, 2020

Deur Marike Labuschagne

Mense sê gedurig “Moet tog nie so op die verlede fokus nie.” Ek sê: “Soek die verlede, vind jouself en skep dan met nuwe insig ’n volhoubare toekoms.” Die Groot Boek sê self daar is niks nuuts onder die son nie. Wat gebeur het, sal weer gebeur.

Ons voorouers het hulle uitdagings gehad en so sal elke generasie Afrikaners hulle uitdagings hê. Vandag word ons deur ’n regering gekonfronteer wat ons eiendom sonder vergoeding wil vat en wat toekyk hoe ’n minderheidsgroep op afgeleë plase vermoor word. Ons jongmense word beurse ontsê; ons entrepreneurs word uit die ekonomie gedryf; hulle wil selfs ons erfenisbakens in temaparke sit – en dit is net enkele voorbeelde.

Ek sal nie langer ’n politieke slaansak wees nie; ek is hier om die Afrikaner se storie verder te vertel, want:

Ek is aan die suidpunt van Afrika uit ’n strewe na onafhanklikheid, geestelike vryheid en dapperheid gevorm. Daardie strewe na onafhanklikheid het my laat trek oor berge en riviere. Weg van Britse koloniale oorheersing na die leë onbekende.

In geloof en vertroue het ons laer getrek toe ons voortbestaan bedreig is. Met genade is oorwin om ’n republiek te stig en te bou aan ’n toekoms, want Susanna het mos gesê: “Eerder kaalvoet oor die Drakensberg as onder Britse bewind.”

Ek is deur president Kruger en president Steyn gelei na ’n eie volksbestaan, vry van vreemde oorheersing. Generaals De la Rey, De Wet, Cronje, Kemp en Maritz het tot die bittereinde saam met tienduisende ander offers gebring, want opstand is net so noodsaaklik in ’n volk as getrouheid; dit het Jopie Fourie ook geweet. Verskroeid, verneder en verarm het ons van voor af begin.

Ek is die Helpmekaar-generasie. Uit stof en as het ons verrys; geen griep, depressie of Britse onderdrukking van ons taal en kultuur kon ons onderkry nie. Ken jy vir NP van Wyk Louw? Jan F.E. Cilliers? Eugène Marais? Pierneef en Boerneef? Anton van Wouw?

Wat van koeksisters bak om ’n toekoms te bou? Weet jy hoe het die Boegoebergdam ontstaan? Of Volkskas en SANLAM? Ek glo nie.

Ek is uit die onsterflike geloof om oor myself te regeer in ’n nuwe republiek gebore. ‘n Baanbrekerstyd het aangebreek. Weet jy wie is dr. Chris Barnard, Mannetjies Roux, Laurika Rauch, F.A. Venter?

Weet jy wie het SASOL en ESKOM gestig? Wie het die damme gebou? Die P.K. le Roux-dam (Vanderkloofdam); die Theewaterskloofdam; die Gariepdam (Verwoerddam)?

Maar toe moes ons weer veg …

Ek is die Grensgenerasie, die generasie wat in die steek gelaat is. Opgelei vir orde, dissipline en kameraadskap. Moes veg langs broer en seun – waarvoor?

Ken jy Krygkor en sy rooivalke, olifante, elande, ratels, rooikatte? Dis seker vir jou net dierename.

Ek is Jong Suid-Afrika. Gebore in ’n nuwe Suid-Afrika, maar ek trek nou onder ’n ander juk. ’n Juk wat jy om my nek hang: Té wit vir werk; té wit vir beurse; té wit vir Suid-Afrika?

Nee, want jy sien: Ek is deur hierdie generasies in Suid-Afrika gekweek, gevorm en gelaat staan. Hier sal ek bly.

Verstaan jy dat die prys vir vryheid nog nooit vir my te hoog was nie? Is jy bereid om my grense te toets? Dink jy jy kan die Afrikaner se vryheidsideaal onderdruk?

Ek is #JongSuidAfrika

Ek is #JongSuidAfrika

Posted by AfriForum Jeug on Wednesday, 23 September 2020

 

Marike Labuschagne is die nasionale koördineerder by AfriForum Jeug.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest