Leesvordering:

Dapper Media bied aan Byt & Buskruit

Okt 8, 2020

Byt & Buskruit is ‘n uiters gewilde reeks oor jag en visvang wat kykers vanuit die gemak van hul leunstoele kan geniet. Die eerste Byt & Buskruit-reeks het kykers vasgenael voor die skerm gehou en na eksotiese bestemmings regoor Suidelike Afrika meegevoer. In 2020 het ons afgeskop met reeks twee wat net so ’n groot sukses is! Die Byt & Buskruit-span voer kykers mee na plaaslike, sowel as internasionale bestemmings!

Byt & Buskruit word deur Forum Films in samewerking met Dapper Media en die sanger Adam Tas vervaardig. Die reeks is gratis en kan vanaf enige toestel gestroom word. Jy kan dit in jou huis, buite langs die swembad, en in die kar kyk of selfs vir vriende en familie oorsee daarvan vertel sodat hul ook kan saamkyk! Al wat jy nodig het, is data en ’n slimtoestel!

Hierdie reeks is waarlik uniek en enig in sy soort. Ons kuier saam met gesoute jagters en hengelaars soos Danie Rossouw, Bakkies Botha, Jan Rhaap en Steve Hofmeyr. Maar ons nooi ook gaste saam wat vir die eerste keer hul slag met die geweer of visstok wys! Ons reis na Namibië vir ’n spannende buffeljag en sien ook hoe ’n bekende radiostem haar eerste bok met ’n boog skiet! Ons maak ’n draai in Miami waar ons tussen die Amerikaners soek vir die regte bestanddele vir ’n heerlike gereg. Ons kuier langs die see, in die bosveld en reis langs pragtige paaie. Ons stel jou voor aan Suid-Afrikaanse bekendes soos Chris Chameleon, Ricus Nel, Schalk Burger Sr, die Flooze, Dewald Wasserfall en vele meer!

Ons kook saam met ons gaskunstenaars en berei watertanddisse voor uit die dag se vangs. Ons deel ook hierdie heerlike resepte met ons kykers. Ons gesels om die kampvuur, deel stories en staaltjies en sluit elke episode af met ’n spesiale nommertjie onder die sterrehemel!

Byt & Buskruit is ’n reeks wat jy nie wil misloop nie!

Volg Dapper Media gerus op sosiale media en besoek ons webtuiste by www.dappermedia.co.za vir nog opwindende reekse, dokumentêre asook aanlyn tuiskonserte!

Volg ons op sosiale media: Facebook en Instagram

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest