Leesvordering:

AfriForum praat oor haatspraak teen Suid-Afrikaanse minderheidsgroepe tydens VN se Forum vir Minderheidskwessies

Nov 20, 2020

Die burgerregteorganisasie AfriForum het deelgeneem aan die dertiende sessie van die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidskwessies. Vanjaar se tema was “Haatspraak, Sosiale Media en Minderheidsgroepe.” Ernst Roets, AfriForum se hoof van Beleid en Aksie, het ’n regstreekse videovoorlegging gedoen oor haatspraak teen minderheidsgroepe in Suid-Afrika.

“Haatspraak wat gemik is op minderheidsgroepe in Suid-Afrika is ’n voortdurende en ernstige kwessie. Wanneer nuus oor ’n plaasmoord in die media gepubliseer word, is daar gereeld opmerkings in die sosiale media waar mense juig oor die moord, of vir minderheidsgroepe sê hulle moet ‘teruggaan Europa toe’,” sê Roets.

“Die krisis is nie net beperk tot sosiale media nie en verder doen die regering niks daaraan nie. Haatspraak word gereeld deur invloedryke politici en leiers van die regering en regerende party geuiter. Haatspraakliedere soos “Kill the Boer, kill the farmer”, “One bullet, one settler”, “Shoot the Boer” en variasies daarvan word gereeld gesing.”

Volgens Roets het haatspraak werklike gevolge. In ’n studie wat die organisasie oor hoëprofiel insidente van haatspraak gedoen het, is bevind dat plaasmoorde en –aanvalle toeneem in die maande nadat sulke uitsprake gemaak en in die media gerapporteer is.

“AfriForum se voorlegging by die VN se Forum vir Minderheidskwessies is deel van ons veldtog om die internasionale gemeenskap bewus te maak van wat besig is om in Suid-Afrika te gebeur. Die wêreld moet weet – en ons maak reeds vordering om daardie doel te bereik,” sluit Roets af.

As deel van AfriForum se veldtog teen haatspraak gemik teen minderheidsgroepe het die organisasie ’n video gemaak om voorbeelde waar opspraakwekkende en skokkende gevalle van haatspraak plaasgevind het, onder mense se aandag te bring, asook om aan te dui hoe mense AfriForum kan help in die stryd teen haatspraak.

Hiermee ook ‘n  indiepte onderhoud met Ernst Roets oor sy toespraak teen Suid-Afrikaanse minderheidsgroepe tydens VN se Forum vir Minderheidskwessies.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest