Leesvordering:

Wêreldgids in fokus – Nieu-Seeland

Nov 19, 2020

Foto: Esmarie Yssel

Om in ’n nuwe land aan te pas, is ’n uitdaging. Wêreldwyd is hier om te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy kan wees in ’n nuwe omgewing is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir mense wat met ander wil sake doen nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wat die verlange te veel raak en almal net te ver is.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te skep. Kleinsakeondernemings kan Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland geniet en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Sodoende raak hulle deel van die wonderlike netwerkgeleentheid!

Hierdie maand fokus ons op sakeondernemings in Nieu-Seeland wat jy kan ondersteun. Nieu-Seeland is so divers en ryk soos Suid-Afrika se eie platteland. Dis geen wonder duisende Suid-Afrikaners emigreer jaarliks na dié land vol geleenthede en pragtige natuurskoon nie.

Onthaal weer jou innerlike rooikat by Little Africa

Met ’n slagspreuk soos “Plek van die vleisvreters” is dit moeilik om nié aan Suid-Afrika se Karoo-tjoppies en biltong te dink nie. Dié skat is te vinde in Wairarapa en bied alles van biltong en boerewors tot egte boeretroos en vrugteroomys. Hier kan jy ook jou perfekte pakkie-van-die-huis-af bymekaarsit met Ouma-beskuit, Ceres-sap, Ultramel en Frito’s! Dié instansie glo ons erfenis is op elke Suid-Afrikaner se hart gegraveer, ongeag waar hulle hulle in die wêreld bevind.

Herroep jou mooiste herinneringe met Kiekiez

Wat is ’n seevakansie sonder ’n paar foto’s, oftewel kiekies? Kiekiez word in Auckland deur Leandri bedryf en jy hoef net hul Facebook-blad te besoek om te sien waarom fotografie, maak nie saak in watter land nie, broodnodig is om families en vriende wat ver van mekaar is weer naby te bring.

Hou vas aan jou geloof

ACK Hamilton: ’n Gemeente met Oop Harte is ’n Afrikaanse Christenkerk in Hamilton met ’n bediening in die plaasgemeenskappe van Piako en Te Awamutu.

As almal ver is, stuur ’n pakkie vir SAarkie

Dié instansie spesialiseer in die stuur van pakkies die wêreld oor. Wat kan dan nou beter wees as om ’n stukkie van Nieu-Seeland huis toe te stuur of ’n stukkie huis terug te ontvang? ’n Pakkie vir SAarkie kies die beste manier om jou pakkie saam met die regte agente op die mees gepaste manier te stuur.

As jou hart by ’n plaashuis lê …

As jy glo jou geluk begin waar die teerpad eindig, maar dié teerpad het ongelukkig na Nieu-Seeland gelei, moenie stres nie! Affi Plaas bring vir jou jou gunsteling- tradisionele plaasklere, tekstiele, serpe en nog baie meer tot in jou gerieflike nuwe Nieu-Seelandse (plaas-) huis. Affi Plaas voer alle goedere van Suid-Afrika af in. Dit beteken dié geskenke is so eg plaas soos wat net Suid-Afrikaanse produkte kan wees. Gelukkig is Kersfees net om die draai …

Plak ’n pleister (of sticker!) op jou seer hart

Paws Printing verskaf handgemaakte ontwerpe spesiaal vir jou individuele behoeftes – van voertuigplakkers, muurkuns en klere tot besigheidskaartjies en stickers.

 

Word deel van die Wêreldwyd-familie en lys jou onderneming gratis op ons aanlyn Wêreldgids. Gee asseblief vir ons terugvoer en laat weet ons gerus ook van ander ondernemings en diensverskaffers in jou omgewing sodat ons die Wêreldgids kan uitbou. Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk.

Lys jou onderneming hier, of stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest