Leesvordering:

Dokumentêr oor Oudtshoorn – NOU beskikbaar op www.dappermedia.co.za

Nov 23, 2020

Dapper Media (Edms.) Bpk. is in 2018 gestig as ’n alternatiewe platform waarop gehalte-inhoud oor die vermaaklikheidsbedryf sonder enige inmenging of sensuur aangebied word; ’n platform waar mense met ’n liefde en passie vir die film-, musiek- en produksiebedryf kan bymekaarkom. Met dié platform kan ons programme, stories en musiek wêreldwyd en op enige gegewe oomblik stroom.

So kan jy dan nou ook ’n hartroerende dokumentêr op Dapper Media kyk oor Oudtshoorn, die droogte wat hul getref het en daarna die vernietigende gevolge van COVID-19.

Oudtshoorn was vir vyf jaar lank deur ’n uitmergelende droogte geteister en kort daarna het COVID-19 sy verskyning gemaak. Dit het die hele bedryf tot stilstand gebring. Oudtshoorn het ’n geweldige terugslag beleef; boere, die restaurantbedryf asook die invoer- en uitvoerbedryf.

Die dokumentêr oor Oudtshoorn is opgeneem en vervaardig deur die organisasie Saai. Saai is die Suider-Afrika Agri Inisiatief en is ’n landboubelangenetwerk vir boere, deur boere, wat daartoe verbind is om die regte, waardes, ideale en behoeftes van familieboere in die primêre produksiesektor te beskerm en te bevorder.

Hierdie dokumentêr handel oor die volstruisboere in Oudtshoorn en die daaglikse struikelblokke wat hul uit die weg moet ruim as gevolg van die droogte en die COVID-19-virus wat die wêreld nog steeds teister. Hierdie boere moes leer om te oorleef met die minimum. Dit is ’n nare werklikheid en dit maak jou oë oop vir die struikelblokke waarmee hierdie mense elke dag te doen het.

Daar is ook ’n heerlike insetsels oor kos waar die bekende Meyer le Roux, van die Buffelsfontein-groep, ’n heerlike dis met volstruisvleis voorberei!

Dit is ’n verhaal van hoop, geloof en deursettingsvermoë! Saai wil hierdie boere help en jy kan ook help! Besoek www.saai.org vir meer inligting en gaan kyk hierdie dokumentêr op Dapper Media se webtuiste.

Die belangrikste ding is, gaan kuier vir hierdie boere! Ondersteun hul en gaan maak kennis met hierdie wonderlike mense en diere!

Besoek gerus Dapper Media se Facebook-blad.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest