Leesvordering:

’n Anderste Kersfees

Des 8, 2020

Cathy Kotzé

Ons woon reeds 19 jaar in dieselfde huis in Nanaimo op die pragtige Vancouver Eiland, Kanada. Die bure is lankal goeie vriende en nuwe tradisies het mettertyd ’n gewoonte geword, veral oor Kerstyd.

Buurvrou Leslie is ’n kranige kwiltkunstenaar en elke jaar verras sy ons met die pragtigste handgemaakte laslappiegeskenke. Ons dogter Charlene is bekend vir haar mooi en interessante gehekelde handwerk en fyn kruissteekerfgoed. My tuisgemaakte fudge, Romany Cream-koekies en Cape Velvet-likeur is altyd ’n wenner en buurvrou se brosbrood is sonder weerga. Nie een van die gesinne kan wag vir Kersfees nie, want ons weet die geskenke gaan uniek wees.

Die Afrikaanse en Kanadese kulture is deesdae nou verweef in ons omgewing. Ons huis is ook nou ’n fees van Kersliggies aan die buitekant. Die sware houers vol Kersversierings staan al klaar gereed om uitgepak te word. Die hele huis moet binne en buite soos Kersfees lyk en ruik.

Kersfees in Kanada is nooit net ’n familiefees nie. Dis ’n tyd om te deel en om die Kersvreugde so ver as moontlik te versprei. Daar is weinig kleingoed in die land wat nie ’n Kersgeskenk ontvang nie, en nuwe speelgoed word elke jaar reeds sedert Oktober op groot skaal bymekaargemaak. Elke supermark en winkelkompleks is ’n versamelpunt, nie net vir speelgoed nie, maar ook vir kruideniersware.

Sopkombuise verskaf Kersetes aan dosyne minderbevoorregtes en die kos word dikwels voorberei deur Kanada se bekendste sjefs.

Ongelukkig het COVID-19 hierdie jaar alles omgekrap. Daar sal vir die eerste keer ooit nie foto’s saam met Kersvader geneem word nie. Ons gaan nie Kersparades hê nie en Kerssangers sal nie vir ons by die huis kom sing nie. Geen groot familiefeeste word beplan nie.

Almal probeer om positief te wees, maar hierdie is ’n jaar vir die geskiedenisboeke – een wat nooit vergeet en hopelik nooit weer herhaal sal word nie.

Intussen gaan ons steeds sorg dat elke huis in die dorp feestelik lyk. Inwoners is alreeds besig om Kersliggies op te hang en ornamente uit te stal. Ons self gaan die grootste Kersboom versier, die hele huis in ’n mini Kersdorpie omskep en ’n Kersmaaltyd maak wat vir niks skrik nie.

Sterkte vir julle in Suid-Afrika. Kom ons bid saam dat Kersfees 2021 die heel beste ooit sal wees … vir die hele wêreld.

Ons seun, Pierre Kotzé, woon deesdae in Neenah, Wisconsin, VSA. Hy is ’n grafiese kunstenaar en het jare gelede hierdie tipies Suid-Afrikaanse Kerskaartjie gemaak. Dis steeds een van my gunstelinge.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest