Leesvordering:

Pres. Ramaphosa bekragtig die nuwe driejaar- belastingreël vir ekspats

Feb 1, 2021

Pres. Cyril Ramaphosa het op 20 Januarie dié nuwe belastingwet bekragtig. Dit bepaal dat Suid-Afrikaners wat wil emigreer eers drie jaar nadat hulle nie meer in Suid-Afrika belastingpligtig is nie ’n enkelbedrag uit hul uittree-annuïteite en sommige bewaringsfondse in Suid-Afrika mag onttrek.

’n Enkele toegewing is egter gemaak: Diegene wat hul emigrasie-aansoeke voor 28 Februarie 2021 indien, het tot 28 Februarie 2022 tyd om volgens die ou reëls goedkeuring te verkry vir die onttrekking van ’n enkelbedrag. Hierdie toegewing word verwelkom, aangesien baie potensiële emigrante steeds vertragings ondervind met die verkryging van die nodige permitte en ’n reisverbod in die land waarheen hulle emigreer. Internasionale vlugte is steeds baie duur en nie vrylik beskikbaar nie.

Dit beteken Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk maar nog aftreebeleggings in Suid-Afrika het, het nog net ’n maand oor om aansoek te doen om finansieel te emigreer.

LEES OOK: Die driejaarreël en wat dit beteken vir Suid-Afrikaners wat die land verlaat

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest