Leesvordering:

Wat jy aanlyn pos, kan terugkom om by jou te spook

Feb 9, 2021

Onvanpaste kommentaar en foto’s kan jou lewe vir ewig verander. Negatiewe gevolge kan nie net ’n mislukte universiteitsaansoek insluit nie, maar ook onsuksesvolle werkaansoeke of in uitsonderlike gevalle selfs hofgedinge teen jou.

Sosiale media is nou al ’n paar jaar met ons, maar volgens kenners lyk dit asof dié waarskuwing nog nie ingesink het nie. Dit is moeilik genoeg om ons kinders te leer wat die langtermyngevolge kan wees en om hulle sover te kry om voortdurend aan dié gevolge te dink. Baie volwassenes het egter self nog nie dié insig nie en is of onbewus van of selfs blasé oor die gevare daarvan.

Vir ingeval jy dit nog nie geweet het nie of steeds nie glo nie: ALLES wat jy op die internet plaas – hetsy kommentaar op sosiale media of webtuistes – kan maklik opgespoor word en moontlik teen jou gebruik word.

Dink aan die internet as ’n openbare kennisgewingbord: Alles kan deur enigiemand gelees word, insluitende moontlike werkgewers, jou familie en werkskollegas.

Die internet en veral sosiale media is vinnig besig om die eerste plek te word waar werkgewers kyk om ’n idee te vorm van wie jy is (en, kan mens ook aanvaar, watter tipe mens jy is). Dit is ook die eerste plek waar nuusmedia gaan om navorsing oor jou te doen wanneer jy om die een of ander rede onder hul vergrootglas beland. Alles – foto’s, kommentaar, vriende – word gemyn om ’n prentjie oor jou te skets.

Iemand het al oor hierdie soort inmenging geprotesteer, maar die standaard antwoord is: “Dis jóú verantwoordelikheid om niks te plaas wat om mee te begin aanvegbaar is nie!”

’n Algemene reël is om niks te plaas wat jy nie wil hê jou ouma moet sien nie. Moet ook nie spog of grappe vertel nie. Om te spog dat jy drie werkaanbiedinge gehad het, sal dalk nie so goed afgaan by enige van daardie organisasies wat jou oorweeg en die plasing sien nie.

Indien jy oor jou aanlyn teenwoordigheid bekommerd is, soek jou naam op die internet op en soek vir jouself op sosiale media. Wis dan enigiets negatiefs op jou eie rekenings uit. Indien dit op ’n webtuiste voorkom wat deur iemand anders beheer word, versoek hulle om die item te verwyder. Neem kennis dat nuusmedia nie sommer ou stories sonder ’n hofbevel sal verander of verwyder nie.

Dit beteken nie dat jy niks aanlyn moet plaas nie; gebruik net gesonde oordeel en gebruik privaatheidstellings om toegang te beperk tot wat jy geplaas het. Die waarheid is egter dat hierdie laaste wenk nie die inkomende Harvard-studente gehelp het nie. Hoewel hulle dié plasings in privaat Facebook-groepe gedoen het, is hul kommentaar steeds opgespoor.

LEES OOK: Wat om te doen as kuberboelies jou afknou

 

Hierdie artikel is deur Brokkies aan Wêreldwyd verskaf. Brokkies is ’n gratis e-posnuusbrief wat primêr op Suider-Afrikaanse immigrante gemik is wat in Nieu-Seeland en Australië woon. Besoek www.brokkies.net om in te teken, ’n bydrae te lewer of te adverteer.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest