Leesvordering:

Nuut by Lapa – Kinder- en Jeugboeke

Feb 16, 2021

Terug skool toe. LAPA het die ideale leesstof vir jou boekwurm!

1. COUCOU, LULU

Fanie Viljoen (skrywer) / Elsbeth Eksteen (illustreerder)

Drome word waar in die laaste boek in hierdie gewilde meisiereeks! Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: sy gaan Parys toe vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan haar klere modelleer!
Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry – maar dan loop iets GROOT verkeerd! Al die uitrustings wat sy gemaak het, raak weg en arriveer nooit in Parys nie! Lulu en haar vriende en familie moet inderhaas ’n plan maak, maar Lulu is op die punt om moed op te gee. Kan sy nog ’n suksesvolle modevertoning doen en haar drome laat waar word?

Publikasiedatum: Februarie 2021
ISBN: 978 0 6396 0076 5
Prys: R165.00
Formaat: 137 mm x 212 mm
Bladsye: 88 bladsye
Band: Sagteband
Kategorie: Kinderfiksie (Y2.1)
7+ (Grade: 1-3)
Oplaag: 3 000

2. JY SÊ, EK SÊ, ONS SÊ

saamgestel deur Marita van der Vyver

Verse vir tieners deur tieners. In hierdie unieke boek is versies opgeneem wat deur hoërskoolleerders geskryf is. Marita van der Vyver, bekroonde skrywer van Al wat ek weet, het die leerders begelei tydens die skryfproses.

Publikasiedatum: Februarie 2021
ISBN: 978 0 7993 9792 5
Prys: R155.00
Formaat: 137 mm x 212 mm
Bladsye: 176 bladsye
Band: Sagteband
Kategorie: Tienerniefiksie Y2.2
13+
Oplaag: 2 500

3. LEA LIEF (4) UILE MUISVALLE EN MAANMELKSKOMMELS

Hoe-hoe-hoekom gaan al die uile dood? Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere
te red, is in haar bloed! Daar is ’n probleem in Lea-hulle se dorp: die uile is besig om dood te gaan! Terwyl al Lea se maats net dink aan die opwindende nuwe restaurant wat oopgemaak het, probeer Lea en haar ouers uitvind wat die uile doodmaak. Vinnig kom hulle agter: die dorp het ook ’n muisplaag en almal probeer van die muise ontslae raak! Is hierdie dinge dalk alles verbind, en wat kan Lea doen om al die diere te red?

Publikasiedatum: Februarie 2021
ISBN: 978 0 6396 0418 3
Prys: R135.00
Formaat: 137 mm x 212 mm
Bladsye: 64 bladsye
Band: Sagteband
Kategorie: Kinderfiksie (Y2.1)
9+ (Grade: 3-5)
Oplaag: 2 000

4. PROFESSOR FUNGUS OMNIBUS 2

Jaco Jacobs met illustrasies deur Johann Strauss

By Einstein se snor! Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en keer ’n blikbrein wat buite beheer is, maak kennis met ’n klomp vreemde ruimtewesens, ontmoet ’n skurk met ’n nare breinspoel-plan, duik saam onderwater op soek na ’n eienaardige seegedierte … en veg saam teen ’n weermag tuinkabouters!

Publikasiedatum: Februarie 2021
ISBN: 978 0 6396 0179 3
Prys: R225.00
Formaat: 137 mm x 212 mm
Bladsye: 224 bladsye
Band: Sagteband
Kategorie: Kinderfiksie
7+ (Y2.1)
Oplaag: 3 000

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest