Leesvordering:

Wêreldwye afstandsonderrig by Akademia se aansoeke verleng

Mar 4, 2021

Die Afrikaanse privaat hoëronderwysinstelling Akademia het op Woensdag 3 Maart aangekondig dat aansoeke vir nauurse afstandsonderrig in Afrikaans nog tot 12 Maart om 12:00 moontlik is. Aansoeke vir nauurse studies by dié instelling sou reeds 2 Maart sluit, maar weens die navrae wat ingestroom het, het Akademia besluit om studente wat beoog om nauurs te studeer nog vir verskeie kwalifikasies te akkommodeer.

Agt kwalifikasies wat nauurs aangebied word, is nog oop vir aansoeke:

•    Baccalaureus Legum (LLB)
•    BCom (Bestuursrekeningkunde)
•    BCom (Ekonomie en Regte)
•    BCom (Finansiële Beplanning)
•    BCom (Ondernemingsbestuur)
•    BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)
•    Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie
•    Hoër Sertifikaat in Projekbestuur

Volgens Paul Vogel, operasionele hoof by Akademia, word die instelling oorweldig deur navrae vanaf so ver as Dubai, Nieu-Seeland en Nederland. “Daar is ál minder geleentheid vir studente om internasionaal en selfs nasionaal in Afrikaans te kan studeer, en die behoefte na gehalte moedertaalonderrig het toegeneem. Aansoeke is verleng om voornemende studente wat nog onseker oor hulle studiemoontlikhede is die geleentheid te bied om, ten spyte van die ontwrigtende tye waarin ons onsself bevind, kans te gee om nog aansoek te doen.”

Covid-19 het reeds vanaf verlede jaar akademiese kalenders ontwrig en doen dit tot ʼn mate steeds. Akademia se nauurse onderrigleermodel, wat met gevorderde tegnologie geïntegreer is, verseker egter ononderbroke studies. Studente het ʼn keuse tussen regstreekse klasbywoning aanlyn of by een van die twaalf landswye studiesentrums. Studente kan ook tussen die twee opsies skuif namate hulle omstandighede verander. Regstreekse klasaanbiedings word ook opgeneem en na die tyd beskikbaar gestel om selfs verdere akademiese ondersteuning te bied.

Volgens Sean Blignaut, ʼn finalejaarstudent in BCom (Bestuursrekeningkunde) wat klasse aanlyn vanuit Nieu-Seeland bywoon, is dit ʼn voorreg om in jou moedertaal te kan studeer. “Akademia is ʼn baanbreker in Suid-Afrika, en beslis ook wêreldwyd, en het vir seker uitgestaan met die ontwrigting wat die Covid-19-pandemie verlede jaar veroorsaak het.”

Akademia se aansoeke vind eksklusief hier aanlyn plaas. Vir meer inligting oor Akademia, besoek www.akademia.ac.za, e-pos navrae@akademia.ac.za of stuur ʼn WhatsApp aan 0861 222 888.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest