Leesvordering:

Woestynpsalm: Eerste rolprent vir Namibiese nuwelingmaatskappy

Mar 12, 2021

Windhoek, Namibië. 2 Maart 2021. Vir onmiddellike vrystelling.

‘n Nuwelingmaatskappy in die Namibiese filmbedryf, Bosman Films, het aangekondig dat pre-produksie vir hulle eerste film, Woestynpsalm, ‘n vollengte Afrikaanse film, onlangs begin het.

Bosman Films is in 2020 deur die 22-jarige Namibiese filmmaker, Ben van der Walt, gestig. Hy is ‘n student aan die Kanbar Instituut vir Film en Televisie van New York Universiteit se vooraanstaande Tisch Skool vir Kunste. Van der Walt, wat ook die Skrywer en Regisseur van Woestynpsalm is, moes in Maart 2020 na Namibië terugkeer, net voordat die VSA se grense as gevolg van COVID-19 gesluit is. Hy sal waarskynlik eers in September 2021 of later na New York kan terugkeer om sy studies voort te sit. Maar COVID-19 kon sy passie vir fliekmaak aan bande lê nie – tydens die inperking saam met sy gesin in Windhoek het hy sy heel eerste vollengte film begin konseptualiseer. 

“Woestynpsalm bring hulde aan my gesin en ons mooi land, Namibië. Dit is losweg op ‘n ware verhaal gebaseer en handel oor die fisiese en emosionele uitdagings daarvan om iets waarvoor jy lief is in ‘n woestyn aan die lewe te probeer hou,” sê Van der Walt.

Die storielyn sentreer om Die Vrou in die Woestyn – Nadia, ‘n jong Protestantse dominee wat elke naweek vêr afstande deur die Namibiese woestyne aflê om vir ‘n sterwende gemeente te gaan preek. Haar verhaal speel in ‘n onbepaalde tydperk af – iewers tussen die 1980’s en die hede – waartydens sy onder toenemende druk van buurkerke en familie geplaas word om haar lewenspad as vrouedominee te heroorweeg. Gevolglik word sy gedwing om tradisionele en moderne gesigspunte van geloof, geloofsleierskap en die ‘aanvaarbare’ rolle van ‘n vrou in ons samelewing teen mekaar op te weeg.  

Volgens Van der Walt sal Woestynpsalm se kameras rondom middel-April 2021 met ‘n Namibiese rolverdeling en ‘n internasionale filmspan* begin draai. Dié kranige span bestaan uit Namibiese, Suid-Afrikaanse, Amerikaanse en Nederlandse lede. Verfilming sal hoofsaaklik in Windhoek en in die suidelike dele van Namibië plaasvind, moontlik tot so vêr as Lüderitz. 

Verder sê Van der Walt: “Die aanvanklike plan was dat ek Woestynpsalm self deur middel van my vryskut-filmprojekte sou befonds. Tydens die vroeë fases van pre-produksie het ons visie vir Woestynpsalm egter aansienlik uitgebrei soos wat ons Namibië se ongelooflike filmmaak-potensiaal begin ontdek het. Daarmee saam het die fliek se omvang en begroting natuurlik ook uitgebrei, tot so ‘n mate dat my eie befondsing nou nie meer genoeg is nie. Ons is tans aktief op soek na plaaslike ondersteuning wat ons kan help om hierdie fliek die lig te laat sien. Ons wil graag enige en alle Namibiërs wat dink dat hulle ‘n bydrae kan maak, aanmoedig om na ons toe uit te reik.”

Woestynpsalm se prèmiere en vrystelling is vir Oktober 2021 beplan. Presiese datums sal nog aangekom word. Vir meer inligting oor hierdie film, besoek asseblief ons webtuiste: www.woestynfilm.com. Om op hoogte te bly van die nuutste verwikkelinge, volg ons op sosiale media: www.instagram.com/woestyn_film en www.facebook.com/woestynpsalm.film. Om ‘n bydrae te maak, kontak vir Ben van der Walt (kontakbesonderhede volg) of besoek ons Indiegogo-webblad: https://igg.me/at/woestyn-film/x#/.

Vir medianavrae, kontak asseblief:

Ben van der Walt

Regisseur – Woestynpsalm

+1 917 459 9154 (slegs vir WhatsApp)

+264 81 333 1111 (SMS and phone calls)

woestynfilm@gmail.com

*Die filmspan:

Namibië

  • Ben van der Walt (Skrywer en Regisseur, student aan New York Universteit, New York) 
  • Benjamin Jacobs (Klankopnemer en Klankontwerp, honneursstudent aan AFDA, Kaapstad)
  • F.C. Smith (Kamera Assistent en Beligtingsassistent, honneursstudent aan AFDA, Kaapstad)
  • Anika Henning (Veldtogbesturder en Rolverdeling, student aan die Aleit Academy, Somerset-Wes)
  • Ester van der Walt (Mediaraadgewer, gegradueerde van die Universiteit Kaapstad, Cape Town)
  • Alida van der Walt (Administratiewe Koördineerder, honneursstudent aan die Universiteit van Stellenbosch, Stellenbosch)

South Africa

  • Janay Coetzee (Produksieontwerper, honneursstudent aan AFDA, Kaapstad)
  • Danielle Jansen (Grafiese Ontwerper, gegradueerde honneursstudent van die Stellenbosch Academy of Design and Photography, Stellenbosch)

USA

  • Rex Sang (Kinematograaf en Medevervaardiger, student aan New York Universteit, New York)

The Netherlands

  • Anna Lee (Vervaardiger, student aan New York Universteit, New York)
  • Maxim Velli (Webwerfontwikkelaar en Grafiese Ontwerper, Amsterdam)
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest