Leesvordering:

LAPA: Kinder- en jeugboeke

Mar 12, 2021

LAPA spog met ʼn hele paar nuwe boeke, en soos altyd is daar lekkerlees boeke vir elke boekrak.

1. Wat Werner doen met sy drie miljoen

Tertius Janse van Rensburg

Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen? Dit is die vraag wat Werner, TC en Einstein hulself afvra een pouse. Vir die grap besluit die drie seuns om regtig elkeen ’n LOTTO-kaartjie te koop. Hulle vat vir Oupa Ig (Werner se oupa wat Alzheimers het) om “roomys” te koop, en sonder dat hy besef wat aangaan speel hulle die LOTTO. Dan gebeur die onverwagte: hulle wen wraggies meer as R3 miljoen! Werner voel baie skuldig oor hoe hulle sy siek oupa misbruik het, en hulle besluit om nie die geld te eis nie … maar dan verloor Werner se ma haar werk. Oupa Ig se gesondheid begin agteruitgaan, en Werner is baie bang sy ma trou met die nare oom Daan. Nou begin die groot uitdaging: hoe op aarde gaan hulle die geld by haar uitkry?

Wat Werner doen met sy drie miljoen is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

ISBN 9780639602189

Kliek hier om die boek te koop.

Op die maat van Maya

Nerine Ahlers & Alet Steenkamp

Toe Maya en Joe mekaar een aand by ’n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil gaan studeer nie …

Maar toe sy danksy Joe se band die kans kry om haar musiekheld, Franco de Jong, te ontmoet vind sy iets uit wat haar hele lewe in twyfel roep. Boonop is Mark se ma dodelik siek en sy begin al hoe meer tyd saam met haar eks, wat nog steeds vir haar lief is, spandeer.

Wanneer alles waarin Maya geglo het skielik uitmekaarval, moet sy leer om haar eie wysie te skryf.

Op die maat van Maya is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

ISBN 9780639604206

Kliek hier om die boek te koop.

Ouma Mollie en die mensvreter

Fanie Viljoen

Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid.
Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma Mollie soos ’n verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir Nina en Blapsie, die basterbrak, in haar kar, Spokie. Hulle sit af see toe. Dis waar hulle in GROTER moeilikheid beland, want ouma Mollie wil mos leer surf. En sy wil die dolfyne voer. En …
Nee, wag, jy moet maar self lees wat TOE gebeur.

Ouma Mollie en die mensvreter is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

ISBN 9780639602271

Kliek hier om die boek te koop.

VAT 5

  1. Jaco Jacobs, Leon de Villiers, Marita van der Vyver, Theresa van Baalen, Wendy MaartensHierdie 5-in-1 versamelbundel bestaan uit vyf geillustreerde stories van vyf baie bekende skrywers. Die bundel sluit die volgende bekende en geliefde stories in:

    1. Haasmoles – Jaco Jacobs & Maja Sereda
    2. Parmant – Leon de Villiers & Alzette Prins
    3. Die coolste ouma op aarde – Marita van der Vyver & Zinelda McDonald
    4. Karla Krullebol – Theresa van Baalen & Chris Venter
    5. Prinses Mossienes – Wendy Maartens & Alida Bothma

 

VAT 5 is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

ISBN 9780639602288

Kliek hier om die boek te koop

 

Meer oor die outeur

Nikkie Kriel

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest