Leesvordering:

Wêreld in fokus: Welkom in die land van tulpe, windmeulens (en vele fietse!)

Mar 23, 2021

Velde bedek met spatsels helder kleure van duisende tulpe, geskiedkundige windmeulens wat al jare langs bekende Nederlandse kanale pryk, wemelende strate en kaasmarkte, antieke Delftse erdeware en tradisionele houtklompe … G’n wonder Nederland is as die sesde gelukkigste land ter wêreld aangewys deur die 2020 World Happiness Report. Dit voel amper of jy een van Vincent van Gogh se oorspronklike skilderye van naby beskou! Ons het besluit om ondersoek in te stel en jou ’n bietjie meer inligting te gee voordat jy sak en pak na die oënskynlike land van melk en heuning vertrek.

… nie Holland nie

Om vir jou familie te sê jy trek Holland toe, is soos om te sê jy trek Parys toe sonder om te sê of jy na Parys in die Vrystaat of na Parys in Frankryk verwys. Holland is ’n streek in Nederland en beslaan slegs ongeveer een derde van die land. As jy dus sê jy trek Holland toe, ignoreer jy twee derdes van die land. Indien jy wel Holland en Nederland met mekaar verwar, blameer ons jou nie. Die Nederlanders hits immers hulle nasionale sokkerspan aan met: “Holland! Holland! Holland!”

Vervoer in ’n japtrap …

Nederland of Fietsland? Jy kan maklik (en gemaklik) verskeie dele van dié land met sy meer as 22 miljoen fietse en slegs 17 miljoen inwoners per fiets verken. Nederland bied fietsroetes met pragtige natuurskoon, die paaie word  goed onderhou en fietsryers kry voorkeur bo motoriste op die pad – wat dit veilig maak om fiets te ry. Boonop is motors, petrol- en versekeringspryse in Nederland besonder duur.

… goud in die mond

Dit is alom bekend dat die Nederlanders een van die gesondste nasies ter wêreld is. Dit is nie net te danke aan hulle baie gesonde dieet nie, maar ook hulle uitstekende en baie doeltreffende gesondheidsorgstelsel, basisverzekering, ’n verpligte gesondheidsversekeringskema wat inwoners ongeveer €95 tot €120 per maand kos. In 2016 het die Euro Health Consumer Index, ’n vergelyking van Europese gesondheidsorgstelsels, Nederland se basisverzekering aangewys as die beste gesondheidsorgstelsel in Europa.

Jan Taks ruk jou sak

Nederland is berug vir sy hoë belasting op alles! Veral inkomstebelasting is baie hoër as in ander Europese lande. Huur, elektroniese items en kos is ook baie duur.

Min lêplek

Nederland is ’n klein landjie, maar het meer as 17 miljoen inwoners. Dit is een van die digs bevolkte Europese lande. Daar is ’n groot tekort aan behuising en dit is moeilik om verblyf te kry.

’n Blink toekoms

Kinders is die toekoms van ’n land – en dit is duidelik dat Nederland dit ernstig opneem. Onderrig is verpligtend vir alle kinders tussen die ouderdomme van 5 en 16 en die meeste kinders verlaat die skool met goeie punte; baie kry werk of gaan universiteit toe om verder te studeer. Kinders neem Engels as tweede taal op skool en Nederlanders praat goed Engels.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest