Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Springbok BBQ

Mar 31, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids het ’n suksesvolle netwerk geskep om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun. Wêreldwyd kies elke week een onderneming uit die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek se onderneming in die kollig is Springbok BBQ.

Wat doen ons?

Ons is baanbreker-spyseniers van kos wat op houtvure berei word en verskaffers van topgehalte biltong in die Verenigde Koninkryk.

Springbok is die naam van ’n bok wat eie is aan Suider-Afrika en wat bekend is daarvoor dat dit vier meter hoog en 16 meter ver kan spring en tot 100 km/h kan hardloop. In Suider-Afrika is die springbok se naam sinoniem met trots en gehalte en daarom het ons dit as ons naam gekies. Deur Springbok BBQ vir jou spyseniering te kies, koop jy nie net in in ’n kultuur van waardering vir die bestanddele waarmee ons kook nie, maar ook ’n passie vir die finale produkte wat ons uiteindelik aan jou en jou gaste bedien.

Waarom moet jy ons kies as jou spysenier?

Deesdae weet almal: Alles smaak baie lekkerder as dit op hout gaargemaak is!

  • Kies die hout vir jou braai of braaiboud uit verskeie soorte hardehout, insluitend appel, esdoring, mesquite, eik en hickory.
  • Kies die diensopsie waarvan jy hou uit die verskeidenheid wat ons bied: buffet, tafelbediening of selfs skemerkelkies.
  • Ons teenwoordigheid verleen ’n feestelike atmosfeer aan troues, tuinpartytjies en ander byeenkomste en help om elke geleentheid ekstra spesiaal te maak.

Kontak Springbok BBQ.

Telefoon: +44 7825 752596

E-pos: charles@springbokbbq.co.uk

Klik hier om Springbok BBQ op Facebook te besoek.

Klik hier om Springbok BBQ in Wêreldwyd se Wêreldgids te vind.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest