Leesvordering:

Privaatvervolgingseenheid in Botswana vir konsultasie in Maswabi-saak

Apr 12, 2021

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, adv. Phyllis Vorster (aanklaer) en Andrew Leask, hoofondersoeker by die eenheid, is vandeesweek in Botswana in verband met die vervolging van Welheminah Mphoeng Maswabi in dié land. AfriForum het verlede maand aangekondig dat lede van die privaatvervolgingseenheid deur die regering van Botswana aangestel is om die voorverhoorverrigtinge in die saak teen Maswabi te behartig.

Tydens dié besoek, sal ’n hofaansoek gebring word sodat adv. Nel en adv. Vorster toegelaat word as regsverteenwoordigers in die howe van Botswana. Die eenheid sal ook met getuies en belanghebbende partye konsulteer en ’n besoek aan die hof aflê ten einde meer vertroud te word met die hofprosesse in hierdie land.

Maswabi was ’n agent van Botswana se Direktoraat van Intelligensiedienste en word tans in die streeklanddroshof in Broadhurst vervolg vir die besit van onverklaarbare  eiendom en die aflê van ’n valse verklaring met betrekking tot ’n paspoort. Verskeie mediaberigte van mediapublikasies in dié land maak verder bewerings teen Maswabi dat sy terrorisme gefinansier het deur geld te verskuif wat gekoppel kan word aan die voormalige spioenhoof in Botswana, Isaac Kgosi.

Bridgette Motsepe-Radebe, die vrou van oudminister Jeff Radebe en skoonsuster van president Cyril Ramaphosa, word ook in die media daarvan beskuldig dat sy, saam met Maswabi, ’n mede-ondertekenaar was van rekeninge ter waarde van miljarde pula. Adv. Nel en adv. Vorster is verlede jaar deur die regering van Botswana aangestel om sy versoek vir wedersydse regshulp in dié saak met betrekking tot Motsepe-Radebe met die Suid-Afrikaanse regering te fasiliteer.

“Die Botswana regering se vertroue in AfriForum se privaatvervolgingseenheid om hierdie hoëprofielsaak te behartig gee erkenning aan die unieke konsep van privaat vervolging. Dit dui ook op internasionale erkenning vir die integriteit van die eenheid, asook AfriForum as ’n organisasie, wat geregtigheid kan nastreef sonder enige politieke inmenging. Die Suid-Afrikaanse regering se voortdurende versuim om gehoor te gee aan die regering van Botswana se versoek om wedersydse regshulp met betrekking tot Motsepe-Radebe se beweerde betrokkenheid, bewys weereens waarom ’n onafhanklike eenheid soos die privaatvervolgingseenheid noodsaaklik is,” sê Natasha Venter, ’n adviseur by die privaatvervolgingseenheid.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest