Leesvordering:

Resep: Sjokolademousse-kaaskoek

Apr 16, 2021

deur, Marinda Kook

Maak ‘n lekker nagereg vir jou en jou familie saam met Marinda Kook.

Bestanddele

  • 250 g roomkaas
  • 250 g mascarpone
  • 160 ml strooisuiker
  • 60 ml kakao
  • 250 ml room
  • 5 ml vanielje
  • 1 Lindt sjokolade
  • 30 ml melk
  • 1 pakkie oreokoekies
  • 60 ml botter gesmelt

Metode

  1. kap die oreokoekies fyn in ‘n voedselverwerker
  2. smelt die botter in die mikrogolf en meng met die koekies
  3. smeer ‘n losboompan en druk die koekiemengsel vas in die pan.  Sit in die yskas dat dit kan set.
  4. in ‘n bak klits die room met 100 ml strooisuiker en die vanielje tot sagte punte
  5. in ‘n ander bak klits die roomkaas, mascarpone, gesifte kakao en orige 60 ml strooisuiker dat dit sag en goed gemeng is.
  6. smelt die Lindt sjokolade met 30 ml melk in die mikrogolf. Roer dit by die kaasmengsel.
  7. vou nou die room by die kaasmengsel in
  8. krap uit op die oreokoekies en laat vir ten minste 4 uur in jou yskas
  9. haal dit uit jou losboompan en versier met  ‘n flake , bessies of wat ook al in jou huis is.
Meer oor die outeur

Marinda Engelbrecht

My naam is Marinda Engelbrecht en ek het groot geword op ‘n plaas net buite Durbanville. My liefde vir kook, wil ek graag deel. Dit is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige kookblog sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor : hoe maak mens…

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest