Leesvordering:

Die soetste, soetste . . . ossewataal

Mei 6, 2021

Deur Ilze Nieuwoudt

Afrikaans is ’n kleurvolle taal wat deur die jare net meer en meer kleur kry. Soveel idiome en gesegdes in Afrikaans het hul oorsprong te danke aan die Voortrekkers. In sy boek Trekkerkinders (Kraal Uitgewers, 2013) het die hoof van die FAK, dr. Danie Langer, juis ook dié juwele in Afrikaans gaan opsoek. Hier is enkele van dié woorde en gesegdes wat jou sal help om die “ossewataal” te bemeester:

Agteros kom ook in die kraal

Die agterosse van ’n wa was gewoonlik groot, swaar en baie mak osse, wat ook die disselboom van die was moes dra. As die osse uitgespan is en iewers heen aangejaag is, het die osse ook gewoonlik agter die ander geloop. Die uitdrukking word gebruik om aan te toon dat stadige persone uiteindelik ook hul werk sal klaarmaak en hul doel sal bereik.

Kisklere

Klere vir spesiale geleenthede, soos kerkklere, is in die wakis gebêre. Vandaar die benaming kisklere vir jou spesiale klere.

So stadigaan, dankie!

Die Voortrekkers het hierdie uitdrukking gebruik om te sê dat al beweeg die wa stadig, dit goed gaan met die trek.

Wawielore

Wanneer iemand groot ore het, word grappenderwys gesê die persoon het wawielore.

Jukskei te breek

Wanneer ’n os se jukskei breek, kon dit verwarring of moeilikheid in die span veroorsaak. Die uitdrukking word gebruik wanneer iemand verwarring saai of moles maak.

Het jy geweet?

  • Voortrekkers is die term wat verwys van gesinne wat om verskeie redes tussen 1835 en 1845 die Kaapkolonie verlaat het. Navorsing toon dat ongeveer 2 540 gesinne (sowat 23 000 mense) aan die Groot Trek deelgeneem het. Hulle het hoofsaaklik gekom uit die distrikte Somerset-Oos, Cradock, Colesberg, Graaff-Reinet, Uitenhage en Beaufort-Wes.
  • Die afstand wat ’n ossewa afgelê het, is ’n skof genoem. ’n Skof het ongeveer drie ure geduur.
  • ’n Ossewa kon ongeveer 32 km per dag aflê.
  • Grietjie was die naam van die kanon wat tydens die Slag van Bloedrivier gebruik is. Die kanonkoeëls was van stukkies afvalyster en potskerwe gemaak wat in vet, vasgebind in sakkies, voor by die loop ingedruk is. (Grietjie kan vandag nog by die Voortrekkermonument in Pretoria gesien word.)

Lees ook: “Ons verlaat nou die vrugbare land van ons geboorte”

 

 

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest