Leesvordering:

Roly Poly

Mei 9, 2021

deur Marinda Engelbrecht

Kook saam Marinda Engelbrecht.

Bestanddele

  • 500 ml meel
  • 10 ml bakpoeier
  • 125 ml botter
  • 2 eiers geklits
  • 70 ml melk
  • Knippie sout
  • 250 ml fyn appelkooskonfyt

Sous

  • 500 ml kookwater
  • 250 ml suiker
  • 40 ml botter

Metode

  1. Sif die sout, meel en bakpoeier saam en vryf die botter met jou vingers in totdat dit soos nat sand lyk
  2. Voeg die eiers en net genoeg melk by om ‘n stywe deeg te maak
  3. Rol die deeg lank uit en smeer konfyt oor. Rol dit op soos ‘n rolkoek.
  4. Sny in ringetjies
  5. Meng die bestanddele vir die sous en gooi helfte onder in ‘n oondbak. Plaas die ringetjies op die sous.  Gooi nou die ander sous bo-oor die deeg.
  6. Bak vir 60 minute by 180C
Meer oor die outeur

Marinda Engelbrecht

My naam is Marinda Engelbrecht en ek het groot geword op ‘n plaas net buite Durbanville. My liefde vir kook, wil ek graag deel. Dit is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige kookblog sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor : hoe maak mens…

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest