Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Bushman Meats

Mei 19, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids het ’n suksesvolle netwerk geskep om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun. Wêreldwyd kies elke week een onderneming uit die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek is Bushman Meats in Melbourne in die kollig.

Wat is die geheim agter Bushman Meats se boerewors? Is dit net die heerlike smaak en konsekwente gehalte, of wat maak dit so spesiaal?

Die antwoord lê in persoonlike trots. Die eienaar, Marietjie Pereksles, sorg dat elke worsie volgens ’n outentieke, beproefde familieresep gemaak word sodat jy konsekwent heerlike worsies van uitstekende gehalte kry.

Die bewaarder van die gewilde familieresepte wat van geslag na geslag oorgedra word, is Len Pereksles. Hy is ’n legende in die Suid-Afrikaanse vleisbedryf wat meer as 52 jaar gewy het aan die vervaardiging van vleisprodukte van hoogstaande gehalte. Oupa PX soos hy liefderik genoem word, woon steeds in Estcourt, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, aan die oewer van die Boesmansrivier waar hy steeds boerewors maak.

Die meeste lede van die Pereksles-familie woon in die Estcourt-omgewing en baie werk vir die beroemde Eskort Bacon Co-Op. Len self was meer as 30 jaar die fabrieksbestuurder.

’n Mens kan sê om heerlike worsies te maak, is ’n familietradisie!

Kontak Bushman Meats

Telefoon: 021 212 1398

E-pos: maria@bushmanmeats.com.au

Klik hier om Bushman Meats op Facebook te besoek.

Klik hier om Bushman Meats op Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest