Leesvordering:

Marinda Kook – Flapjacks

Mei 23, 2021

Soms is mens net lus vir ‘n ietsie anders vir ontbyt of saam met jou tee.  Dis vining en maklik.  Hoe en waarmee jy dit voorsit maak die verskil.

  • 500 ml koekmeel
  • 2 ml sout
  • 25 ml bakpoeier
  • 2 eiers
  • 250 ml suiker
  • 375ml melk

NOU:

  1. Sif die meel en bakpoeier saam in ‘n mengbak.  Roer die suiker by.
  2. Klits die eiers en melk saam in ‘n ander bakkie.  Voeg dit dan by jou meelmengsel.
  3. Die groot geheim is dat die mengsel n rukkie moet rus voor jy dit bak.  Laat eenkant staan vir so 30 minute. Jy kan selfs die mengsel die vorige aand aanmaak as jy dit vir ontbyt wil gebruik.  Bere dit net in die yskas.
  4. Maak olie warm in ‘n pan.  Jy kan bloot net lepels vol beslag drup in die pan, maar as jy regtig mooi flapjacks wil bak kry vir jou van die eierringetjies en drup die beslag in dit.  As dit sulke gaatjies in die beslag maak en bietjie rys, draai dit om met ‘n spaan.

Jy kan jou flapjacks bedien met:

  • bacon
  • stroop
  • heuning
  • gebraaide piesang en kaneel
  • vars bessies
Meer oor die outeur

Marinda Engelbrecht

My naam is Marinda Engelbrecht en ek het groot geword op ‘n plaas net buite Durbanville. My liefde vir kook, wil ek graag deel. Dit is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige kookblog sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor : hoe maak mens…

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest