Leesvordering:

Natuurhoekie – Hallo, Hamerkop!

Jun 11, 2021

Vandeesweek is daar ’n video vir die veervolk-entoesiaste. Hier jag ’n hamerkop (Scopus umbretta) op sy unieke manier by die Kumanadam in die Nasionale Krugerwildtuin. Die hamerkop is ’n mediumgrootte waadvoël. Die vorm van sy kop met die lang snawel en kuif aan die agterkant herinner ’n mens aan ’n hamer ‒ vandaar die spesie se naam. Hamerkoppe is ook bekend (of is dit berug?) vir hulle enorme neste. Binne-in kom ’n spasie voor waarin die eiers uitgebroei word. Beide ouers sorg vir die broeiwerk en om die kuikens te versorg.

Die beeldmateriaal is andermaal deur Katie en André van Two-V Productions beskikbaar gestel. Hartlik dank aan hulle hiervoor! Teken asseblief in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Dit is slegs in Afrikaans beskikbaar en kan ook by winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin gevind word.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest