Leesvordering:

Struikelblokke géén demper vir hierdie student!

Jun 24, 2021

Alhoewel haar lewe nie altyd maklik was nie, het Kendylle Mulder gekies om die beste daarvan te maak. Kendylle het gedurende haar matriekjaar elke middag na skool as kelnerin gewerk om finansieel tot die huishouding by te dra en sy kon uiteindelik haar matriekafskeid bywoon en self vir haar matriekafskeidrok betaal.

Gedurende Kendylle se matriekjaar is haar ma met borskanker gediagnoseer en alhoewel haar ma vandag in remissie is, is haar ma steeds nie gesond genoeg om permanent in diens geneem te word nie. Dit was egter nie die einde van haar struikelblokke nie. Kendylle het kort na matriek haar pa verloor en haar ma het finansieel afhanklik geraak van haar.

Kendylle het direk na matriek betaalstaatkursusse (“payroll courses”) gedoen wat haar gehelp het om in ʼn betaalstaat-omgewing werksaam te wees. Dit is hier waar sy haar passie vir rekeningkunde ontdek het en besluit het dat sy haarself met ʼn BCom-graad in Rekeningkunde wil onderskei sodat sy haar droom om as rekenmeester te werk, kan verwesenlik.

Sy het daarna ʼn Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde aan Akademia verwerf terwyl sy voltyds as ʼn  betaalstaatadministrateur by MBB Consulting gewerk het en nauurs by ʼn ander rekenmeestersfirma in Kaapstad, terwyl sy laataand tyd vir haar studies ingeruim het.

Kendylle se paaie het in 2020 met die Helpende Hand Studietrust (HHST) gekruis toe sy aansoek gedoen vir ʼn rentevrye studielening om haar BCom Bestuursrekeningkunde-studie aan Akademia te befonds.

Klik hier om haar te help.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest