Leesvordering:

WYSIGINGS AAN GELYKHEID- EN DISKRIMINASIEWETGEWING

Jun 24, 2021

Die wysigings aan die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie 4 van 2000 (Engels: PEPUDA) sal verreikende gevolge vir alle Suid-Afrikaners inhou. Dit dring ook direk in teen die regte van kultuur- en geloofsgemeenskappe.

Die wetsontwerp sal onder meer ses belangrike gevolge hê:

  1. Die herdefiniëring van gelykheid en diskriminasie.
  2. Aanspreeklikheid gaan geskep word vir onbedoelde dade of versuim wat die waardigheid van ’n persoon aantas. Dus sal beweerde oortreders se bedoelings geen gewig dra nie – slegs klaers se bewerings dat daar teen hulle gediskrimineer is.
  3. Mense gaan aanspreeklik gehou kan word vir oortredings van dié Wet wat deur hul werkers, werknemers of agente uitgevoer word. Dit sluit diskriminasie, haatspraak en teistering in.
  4. Nieregeringsorganisasies, tradisionele leiers en instellings, en gemeenskapsorganisasies gaan onder ’n reeks verpligtinge geplaas word. Die uitvoerende gesag sal prosesse in plek stel om dié verpligtinge te reguleer.
  5. Die staat gaan ook alle wette, beleide, praktyke en strukture hersien wat nie aan die nuwe voorgestelde definisies van gelykheid en diskriminasie voldoen nie.
  6. Die wysigings sal die regering ook verplig om alle wette, kodes, strukture en belydsraamwerke te hersien in lyn met die nuwe definisie van gelykheid en diskriminasie.

Voeg jou naam hierby en dien die kommentaar namens jou in:

Meer oor die outeur

AfriForum

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest