Leesvordering:

Natuurhoekie – Die spoggerige klipspringer

Jul 15, 2021

Hierdie klipspringerrammetjie (Oreotragus oreotragus) met sy dik, growwe jas, bestaande uit hol, bros hare, pyl nou en dan oor die pad om ’n ooitjie te beïndruk. Die Visagies het hom naby die Nkumbe-uitkykpunt aan die voetheuwels van die Lebomboberge, op pad na die Tshokwane-piekniekplek in die Nasionale Krugerwildtuin aangetref.

Skynbaar kan klipspringers 3 tot 3,6 meter reguit in die lug opspring. Hulle weeg gemiddeld 16 kilogram en is dus van die kleinste wildsbokke in Afrika. Hier kan ons sien hoe die klipspringer blare vreet – dit is hulle vernaamste bron van vog, wat beteken dat hulle nie van varswaterbronne afhanklik is nie. Hulle word enkellopend of in pare aangetref. Die ooi is sowat 7 maande lank dragtig, waarna ’n enkele lammetjie op ’n keer in die somer gebore word.

Die beeldmateriaal is andermaal deur Katie en André van Two-V Productions voorsien. Hartlik dank aan hulle hiervoor! Teken asseblief in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Die vierde boek in die reeks is eersdaags beskikbaar. Die boeke is slegs in Afrikaans.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest