Leesvordering:

Onluste: Boodskap aan Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon

Jul 21, 2021

Beste vriende

My naam is Flip Buys, en ek is die voorsitter van die Solidarteit Beweging bestaande uit 20 gemeenskapsorganisasies. Ons word oorval deur navrae van vriende en familie in die buiteland wat wil weet wat aan die gang is met die onrus in SA. Daarom wil ek julle kortliks inlig oor wat hier gebeur.

Die onluste van die afglope ruk is die verwoestende gevolge van ‘n kultuur van straffelose plundering van ‘n dekade van die Zuma-bewind. Ekonome bereken dat dit die land sowat R1,5 triljoen- dit is ongeveer ‘n derde van ons jaarlikse BBP- en ‘n miljoen werksgeleenthede gekos het. Boonop het die ANC-regering se wanbestuur van die land al voor die Covid-19-pandemie daartoe gelei dat Suid-Afrika tot rommelstatus afgradeer is. Gesamentlik het die Zuma-jare en die swak regering tot rekord-werkloosheid gelei, wat deur die harde Covid-19-inperkings vererger is.

Die Ramaphosa-regeringstyl is om eerder met probleme saam te leef as om dit op te los, maar daar is stadige vordering vorentoe. Die tronkstraf van 15 maande wat mnr. Zuma vir minagting van die hof opgelê is, was die vonk wat die onrus laat vlamvat het. Dit het egter dadelik oorgegaan tot wydverspreide plundering en afbrand van inkopiesentrums en winkels, veral in KZN en Gauteng. Dit het die verskaffing van lewensmiddele ontwrig en tot groot werksverliese gelei.

Alhoewel die volle omvang van die skade wat aangerig is nog nie bepaal is nie, weet ons reeds van buitengewone skade en plundering by sowat 200 winkelsentrums, die plundering van meer as 1 400 kitsbanke en 300 banke en poskantore, by 90 apteke en na raming by oor die 50 000 besighede wat geraak is. Hierdie getalle is skrikwekkend en gaan ongetwyfeld ‘n wesenlike impak op die plaaslike ekonomie hê.

Die spoed en omvang van die plundering en verwoesting het die veiligheidsdienste onkant betrap, en gemeenskappe het hulself blitsig organiseer om hul woongebiede te beveilig en kon so keer dat die onluste na woongebiede toe versprei. AfriForum se buurtwagte het saam met ander veiligheidstrukture gewerk en ‘n groot rol hierin gespeel. Intussen het die polisie en weermag wel gehelp om die brandpunte te kalmeer, en is die situasie tans gespanne maar kalm. Die nuwe Zoeloe-koning het ook ‘n groot rol gespeel om orde te herstel en het hom sterk teen die geweld uitgespreek.

Daar lê nou ‘n lang pad voor om die gevolge van hierdie krisis te verlig en ‘n herhaling daarvan te voorkom. Die Solidariteit Beweging bestaan onder meer uit die Helpende Hand wat maatskaplike hulp in krisisgebiede verleen, AfriForum wat buurtwagte landswyd organiseer en help met munisipale dienslewering en burgerregte verseker, asook Solidariteit se tegniese kollege, Sol-Tech, en ‘n private tersiêre instelliing, Akademia.

Ons het aan die begin van die Covid-19-pandemie ‘n krisisfonds gestig om mense met noodvoeding by te staan, en het tot dusver meer as 20 000 gesinne op die manier versorg. Ons moes die Krisisfonds nou weer aktiveer, veral om mense in KZN met lewensmiddele by te staan. Die grootste behoefte is by ouetehuise en ander mense wat alles in die onrus verloor het. Die grootste koste is die aankope van kos asook die pad- en lugvervoer daarvan na KZN. Daar word verwag dat maatskaplike uitdagings op elke terrein in die volgende drie weke gaan eskaleer. Talle ouetehuise, kinderhuise en gesinne word hierdeur geraak. In die lig van die hierdie krisis vra ons dat ons weer die krisisfonds ondersteun om hierdie maatskaplike krisis te kan oorkom.

Om by te dra tot die Krisisfonds, besoek www.krisisfonds.co.za

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest