Leesvordering:

Wêreldgids in fokus: Duitsland

Jul 21, 2021

Om by ’n nuwe land aan te pas, is ’n uitdaging. Wêreldwyd is hier om jou te help. Die beste manier om toe te sien dat jy die beste jy is wat jy kan wees in ’n nuwe omgewing is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakemense nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te erg raak en almal net te vêr weg is.

Wêreldwys se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld saamkom om ’n gemeenskap te vorm. Klein ondernemings kan Wêreldwyd se gratis diens oorsee geniet en kan self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op hierdie manier, word hul deel van die wonderlike netwerkgeleentheid!

Ons fokus hierdie maand op ondernemings in Duitsland wat jul kan ondersteun.

  1. On the fly Kreativ
  • Wat: Videoproduksie

Ons vervaardig produkvideo’s, bekendstelling van ondernemings, advertensies vir sosiale media, gasvryheidsvideo’s, verduidelikende video’s en baie meer. Lees meer.

  1. The Conversion Guru
  • Wat: Aanlyn digitale bemarking

The Conversion Guru bied aanlyn bemarkingsdienste, WordPress-webontwerp, sosialemediabestuur, Google Ads-, Facebook- en Instagram-advertensies, -opleiding en -konsultasiediens. Lees meer.

  1. Little Africa
  • Wat: Akkommodasie

Ons is ’n Suid-Afrikaanse/Duitse/Britse familie en ons verhuur twee gastekamers in ons groot huis. Ons wil graag jou gasheer wees vir ’n klein wegbreekvakansie in ’n rustige omgewing. Lees meer.

  1. Lemon Pepper Kompanie
  • Wat: Braaispeserye

Ons het as ou bewonderaars van Suid-Afrika begin om met geesdrif oorspronklike Suid-Afrikaanse speserye van hoë gehalte in te voer direk van Durban. Boonop het ons vir etlike jare Suid-Afrikaanse braaikursusse suksesvol aangebied. Lees meer.

  1. Sanbonani South African Foods
  • Wat: Suid-Afrikaanse kos

Ons is ’n Suid-Afrikaanse deli en wynkroeg (wynkroeg sal na die inperking oop wees).

Kom sluit by ons aan vir Suid-Afrikaanse gunstelinge soos vetkoeke gevul met maalvleis-en-groentekerrie, worsrolletjies of spinasie-en-fetapasteitjies, boereworsrolletjies, melktertdoppies en meer. Lees meer.

  1. F Watts
  • Wat: Eiendomsagent

R.F. Watts Services bied jou die geleentheid om kamers te herontwerp binne jou begroting sonder om ’n kompromis op gehalte te moet maak. Lees meer.

  1. Howzit Restaurant
  • Wat: Suid-Afrikaanse restaurant

Howzit is Suid-Afrikaanse sleng wat niks anders as “Hoe gaan dit?” beteken nie. Dit word letterlik elke keer gebruik wanneer mense mekaar raakloop! Ons knus klein kroeg en restaurant kombineer ’n ontspanne atmosfeer met goeie kos en drank. Ons nooi jou om uit te kom en te sosialiseer! Lees meer.

Lees ook: Wêreldgids in fokus: Ierland 

Foto: Kai Pilger

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest