Leesvordering:

Vlieënier van Namibië sprei sy vlerke as Akademia-student

Jul 21, 2021

Wayne van der Linde is as kommersiële vlieënier opgelei en is al ongeveer tien jaar in dié bedryf. Om te vlieg is vir hom ʼn passie, maar dit was die strategiese denkwyse en benadering in die industrie wat hom van die begin af geïnteresseer het. Hy is daarom al vir die laaste agt jaar in verskeie bestuursposte aangestel. Om sy vliegkwalifikasie met verdere studies aan te vul, het vir hom baie aantreklik gelyk.

“Met die kennis en ervaring wat ek tot dusver opgebou het, was dit vir my ʼn logiese volgende stap om ʼn BCom (Ondernemingsbestuur)-kwalifikasie te voltooi sodat ek ʼn sterk fondasie vir die toekoms kan lê waarop die ervaring waaroor ek beskik kan steun,” sê van der Linde.

Van der Linde se keuse om by Akademia, die Afrikaanse hoëronderwysinstelling, te studeer is gemaak nadat hy ʼn inligtingsessie wat in Windhoek aangebied is, bygewoon het. “Die professionele voorlegging van die inligtingsessie in Afrikaans waar ons met gebed begin het, is wat my laat besluit het dat ek by dié instelling wil studeer. Die trotse gevoel en opgewondenheid wat in my begin borrel het, het my gemotiveer om die keuse te maak.” Hy sê ook dat twee ander konkrete redes vir sy keuse die volgende was: Akademia se institusionele waardes waarmee hy kan vereenselwig, en die e-leeropsie wat studies vir almal toeganklik maak.

“Dit is die eerste keer in my lewe dat ek in my moedertaal kan studeer. Ek is 32. Daar is ook ʼn trots wat weer binne jou groei soos die semester aanstap en jy jou eie taal beter leer ken. Dit is vir my baie interessant en ook mooi om die Afrikaanse taal op ʼn akademiese vlak te ervaar en toe te pas. My eie Afrikaans verbeter daagliks soos ek aan die akademie blootgestel word.”

Van der Linde noem dat Akademia goeie ondersteuning aan al hul e-leerstudente bied. “Dosente en administratiewe personeel is net ʼn e-pos weg en die terugvoer is altyd tydig en deeglik,” noem hy. Hy vertel ook dat die aanlyn leerondersteuningstelsel, die Spens, ʼn uiters nuttige hulpbron is wat akademiese ondersteuning vergemaklik. “Die platform bevat al die nodige inhoud wat ek nodig het om op my eie tyd met die kwalifikasie te kan aangaan. Dit is daar om my te help.”

Weens van der Linde se werk as vlieënier werk hy baie ongereelde ure en die e-leeropsie werk daarom vir hom baie goed. “Hierdie opsie laat my toe om in hierdie ongestruktureerde omgewing te studeer. Ek kies my tye en ek kan met selfdissipline op my eie pas aangaan,” noem hy. “Die kennis wat ʼn mens deur die studies opdoen, maak jou oë oop en laat jou goed raaksien wat jy voorheen nog nie in die werksplek raakgesien het nie. Dit is wat dit so interessant maak om te studeer as jy reeds in ʼn onderneming werksaam is. Jy het die raamwerk om jou gedagtes te laat gaan.”

Sy raad aan voornemende studente wat graag in Afrikaans wil studeer en in die buiteland woon is eenvoudig: “Skryf in en doen dit. Hierdie e-leeropsie werk!”

Wayne van der Linde is ʼn vlieënier van Namibië wat nauurs BCom (Ondernemingsbestuur) aan Akademia studeer.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest