Leesvordering:

Geen uitdaging is té groot vir tandheelkundestudent nie

Aug 13, 2021

Op 19 Oktober 2011 het Izak du Preez – tandheelkundestudent aan die Universiteit van Pretoria – se lewe heeltemal verander. Dit is op hierdie dag wat sy pa ʼn beroerte gehad het, wat hom later sy werk gekos het. Izak se pa was vir twee jaar as medies onbevoeg verklaar om te werk, en dit het groot finansiële implikasies vir die gesin ingehou. Hoewel dit nie altyd maklik was nie, het Izak se ma daarin geslaag om haar drie kinders en haar man finansieel te ondersteun, terwyl haar man tuis aangesterk het.

Izak se pa het tot so ʼn mate herstel dat hy in 2013 weer kon terugkeer werk toe; alhoewel hy op daardie stadium vir ʼn laer salaris aangestel was, het die gesin se finansiële druk verminder.

Die Covid-19-pandemie het egter nóg finansiële uitdagings vir die Du Preez-gesin ingehou. Gedurende 2020 het Izak se ma haar werk as bestuurder by ʼn trouvenue verloor, en sy pa se salaris het met 15% verminder. Die gesin het ʼn verbandlening op hul huis probeer uitneem sodat hulle Izak se tersiêre studies kan betaal, maar dit was ongelukkig afgekeur.

Izak se droom om tandheelkunde aan die Universiteit van Pretoria te studeer het egter nie verlore gegaan nie, en sy pad het in September 2020 met die Helpende Hand Studietrust (HHST) gekruis waar ʼn rentevrye studielening aan hom toegeken is.

Die Helpende Hand Studietrust (HHST) is ʼn geregistreerde niewinsgewende organisasie wat daarop gemik is om studiehulp aan behoeftige Afrikaanssprekende studente – in die vorm van rentevrye studielenings – te verleen.

Om ʼn verskil in ʼn student, soos Izak, se lewe te maak, klik hier.

LEES OOK: Vurige Sol-Tech student vertel van haar liefde vir dieselwerktuigkunde

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest