Leesvordering:

Nou beskikbaar: Persoonlike vriendskappe: Boere & Russe

Aug 19, 2021

Die unieke verhouding wat tussen Afrikaners en Russe bestaan, strek reeds oor generasies en is waarskynlik veral gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) versterk. Net meer as 220 Russe het hulle as vrywilligers gedurende dié oorlog aan Boerekant geskaar, maar die steun in Rusland was tog enorm. Sedertdien is Afrikaners en Russe se vriendskapsbande op verskeie uiteenlopende terreine versterk, insluitende op sportgebied.

In hul jongste boek, Persoonlike vriendskappe: Boere & Russe stel die gerekende fotograaf Wessel Oosthuizen en die Afrikaanse uitgewer en skrywer van tientalle boeke (insluitende Kamphoer), Nico Moolman, ondersoek in na dié twee gemeenskappe se vriendskappe. Die boek stof onder meer die buitengewone verhaal van die ontsnapping van Willie Steyn en sy vier makkers gedurende die Anglo-Boereoorlog af, en stel ondersoek in na die jong Boeremeisie, Martha Uys, wat ’n sterwende Russiese kaptein gedurende die oorlog verpleeg het.

Persoonlike vriendskappe vertel ook die verhale van meer onlangse vriendskappe tussen Boere en Russe wat veral op die sportveld gesmee is. Selfs die wêreld van spioenasie kom onder die soeklig in die afdelings oor Gerard Ludi, die Suid-Afrikaanse spioen wat die Russiese Kommunistiese Party in 1963 geïnfiltreer het, en Yuri Loginov, die Russiese spioen wat in Suid-Afrika gearresteer is.

Die boek is tweetalig – in Afrikaans én Russies – en is daarom ’n tasbare voorbeeld van die samewerking tussen Afrikaners en Russe. Persoonlike vriendskappe is tans beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R375. Besoek Kraal se aanlyn boekwinkel om ’n bestelling te plaas.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest