Leesvordering:

My kind emigreer – hoe nou gemaak?

Mar 3, 2023

Deur Sue-Ann de Wet

Wanneer jy die woord “emigrasie” hoor, dink ’n mens eerste aan iemand wat die land verlaat en selde aan die geliefdes wat agterbly. Emigrasie is nie net ’n lewensveranderende werklikheid vir die kind wat emigreer nie, maar ook vir die mense wat agterbly.

Dr. Sulette Ferreira, ’n familieterapeut wat navorsing doen oor die uitwerking van emigrasie op ouers en grootouers wat agterbly, sê hoewel jy nie beheer het oor die feit dat jou kind gaan emigreer nie, kan jy wel kies hoe jy daarop gaan reageer.

Hoe jy op die nuus reageer, gaan waarskynlik ook die aard van julle verhouding daarna bepaal. Dit sal ook ’n invloed hê op jou betrokkenheid in jou kind en jou kleinkinders se lewe. Bied ondersteuning en vra gerus vrae (soos of hul besluit op goeie navorsing berus). Dit bied dikwels die nodige gemoedsrus. Openhartige gesprekke sal ook help toesien dat jou kind hierdie lewensveranderde besluit met jou sal deel en dit nie in die geheim aanpak om jou gevoelens te spaar of omdat jy moontlik hul besluit mag kritiseer nie. Hoe jy gaan reageer, sal bepaal hoe (en of) jou kind jou in die emigrasieproses gaan betrek en gaan deel maak van sy of haar nuwe werklikheid.

Hoe om betrokke te bly as jou kinders/kleinkinders op ’n ander kontinent woon

Maak gebruik van tegnologie

Dankie tog vir tegnologie! Sorg dat jy die nodige tegnologie het. Skaf ’n slimfoon en ’n rekenaar aan en leer hoe om daarmee te kommunikeer. As jy byvoorbeeld nie weet wat Skype is of hoe dit werk nie, vra iemand om jou daarmee te help.

Verskillende tydsones bied ook uitdagings. Stel ’n roetine vas. Wees geduldig wanneer jy nie dadelik ’n antwoord op jou e-pos kry nie.

Dr. Douline Minnaar, ’n psigiatriese verpleegkundige, het indringende navorsing gedoen oor ouers wie se kinders emigreer. Volgens haar moet jy onthou dat jou kinders ook hul eie lewe het. Minnaar beveel aan dat geskikte kommunikasieplatforms (soos Skype of WhatsApp) identifiseer moet word. Sy moedig ook familielede aan om ’n tyd vas te stel wat beide partye sal pas. “Soms gaan dit nie vir hulle moontlik wees om jou te Skype nie, maar moet dit nie as verwerping sien nie. Kry eerder ’n tyd wat almal pas.”

Raak bekend met jou kind se nuwe werklikheid

Dr. Ferreira raai mense aan om vertroud te raak met hul kind se nuwe land. ’n Nuwe land bied talle avonture en jy kan deel wees van die avonture in jou kind se lewe. Volg die nuus, bly op hoogte van belangrike gebeure en datums soos spesiale vakansiedae. Teken in op AfriForum Wêreldwyd se Kollig-nuusbrief en bly sodoende op hoogte van belangrike sake wat jou ekspat-kind raak. Om boonop deel te wees van ’n grenslose gemeenskap is van onskatbare waarde.

Plaas klem op die positiewe dinge. Stuur foto’s, video’s, deel belangstellings en merk belangrike dae, soos verjaardae, op jou kalender. Jy kan AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids besoek en kyk watter ondernemings in jou kind se omgewing oulike produkte en dienste lewer. Jy kan ’n spesiale verjaarsdaggeskenk vir jou kind of kleinkinders bestel. Jou kind gaan jou moeite om steeds betrokke te bly, waardeer.

Dit is belangrik om betrokke te bly in jou kind se nuwe wêreld, maar moenie ’n oorlas van jouself maak nie. Emigrasie is ’n uitdagende proses met baie aanpassings en ’n kultuurskok kan dalk op hulle wag. Stuur boodskappe om te hoor hoe dit gaan, maar sê ook dat hulle nie dadelik hoef te reageer nie.

Ten slotte, aanvaar jou nuwe realiteit, gaan aan met jou lewe en leef voluit. Volgens dr. Ferreira is dit noodsaaklik om te onthou dat ’n kind nie vir ’n ouer se geluk verantwoordelik gehou moet word nie. Elkeen is verantwoordelik vir sy of haar eie geluk. Dit is belangrik dat jy ’n ondersteuningsnetwerk het by wie jy kan aanklop om hulp (of selfs net vir ’n bietjie troos). Indien nodig, kry professionele hulp om julle met die groot aanpassing én die emosionele wipwa te help.

LEES OOK: Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest