Leesvordering:

Herontdek die lewe van die Leeu van die Wes-Transvaal

Sep 16, 2021

Hy word bestempel as ’n Godsman, krygsman, patriot, praktiese leier en vreeslose vegter, maar vir die meeste mense sal Koos de la Rey verewig onthou word as die Leeu van die Wes-Transvaal.

Die verhaal van die Leeu, sy lewe voor, tydens en ná die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is deur Kraal Uitgewers in die mees omvattende werk van sy soort saamgevat saam met meer as vyfhonderd treffende foto’s van die Leeu, sy tyd en sy mense. Uit die pen van die bekende skrywer prof. AWG Raath (senior professor aan die Universiteit van die Vrystaat) en met die fyn oog van fotograaf Paul Alberts het die boek De la Rey: ʼn Stryd vir Vryheid die lig gesien.

Hoewel De la Rey sy herinneringe aan die oorlog tot met sy dood op ’n kriptiese wyse begin neerpen het, is die oorlogsherinneringe nooit voltooi nie. Met hierdie notas as basis is De la Rey: ʼn Stryd vir Vryheid saamgestel. Hierdie treffende boek met sy sterk fokus op die honderde digitaal verbeterde foto’s van voor, tydens en ná die oorlog is ’n moet vir enige een wat belangstel in die lewe van die Leeu van die Wes-Transvaal.

De la Rey: ʼn Stryd vir Vryheid is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R340. Besoek Kraal se veilige aanlyn boekwinkel om jou kopie vandag nog te bestel. Klik hier.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest