Leesvordering:

Wêreldgids in fokus: Die Verenigde Koninkryk

Okt 4, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans soos Creme Soda en NikNaks. Op die Wêreldgids kan Suid-Afrikaners in die buiteland uitvind waar hulle al hul Suid-Afrikaanse gunstelinge kan kry – van Afrikaanse kerke en dokters tot prokureurs en haarkappers.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te skep. Kleinsakeondernemings kan Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland geniet en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Sodoende raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!

Hierdie maand fokus ons op ondernemings in die Verenigde Koninkryk wat jy kan ondersteun.

  1. Nicola Baretta

Afdrukke wat hulde bring aan die helder kleure, patrone en vorms van Afrika en Europa. Jou mure sal jou ewig dankbaar wees! LEES MEER. 

 

  1. Secret Beauty

Janine Mander is ’n skoonheidsterapeut en naeltegnikus met 17 jaar se ondervinding. LEES MEER. 

  1. The South Africa Shop

Heerlike biltong en droëwors. Ons bied ook ’n keuse van vars vleis vir enige geleentheid. LEES MEER. 

  1. DNAfit

’n Eenvoudige DNA-deppertoets wat per pos gestuur word, om jou te help om die beste dieet- en oefenplan vir jou gene te kies. LEES MEER. 

  1. Durban Street Food

Smaaklike, oorspronklike, klaargemaakte Suid-Afrikaanse kos wat jy kan huis toe neem en geniet. ’n Hele spyskaart om van te kies sodat jy nie self aandete hoef te maak nie! Alles van bobotie tot koeksisters. LEES MEER. 

 

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest