Leesvordering:

Mostert se Meule – die restourasieproses vorder!

Okt 11, 2021

Deur Alana Bailey

In vorige nuusbriewe het ons berig oor die geliefde Kaapse erfenisbaken, Mostert se Meule, wat vanjaar op 18 April ernstig deur ’n weghol veldbrand beskadig is. Dankie ook aan almal wat reeds donasies vir die herstel van die unieke gebou met sy ryk geskiedenis gemaak het. Die historiese agtergrond van die meule kan hier gelees word.

Sedert April het die Vriende van Mostert se Meule nie gras onder hulle voete laat groei nie. Tydens hierdie groep vrywilligers se jaarvergadering op 7 Oktober 2021, is berig oor die vordering met die restourasieproses. Die jongste nuus hieroor, asook baie interessante foto’s is op hulle webwerf beskikbaar. Die ideaal is dat die meule teen 18 April 2023 weer in ’n ten volle werkende toestand sal wees.

Eers net kortliks ’n antwoord op die gereelde vraag of dit dan nie verseker was nie. Die laaste individu wat die meule besit het, was Cecil John Rhodes. Hy het dit aan die staat bemaak, as geskenk aan die Suid-Afrikaanse nasie. Die Vriende van Mostert se Meule verduidelik verder:

Dit word tans bestuur deur die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur (DOW) en Heritage Western Cape (HWC) hou ook toesig daaroor, omdat dit ’n provinsiale erfenishulpbron is. Alle geboue in staatsbesit word in werklikheid self deur die staat verseker. Die DOW het geen meulenaars in diens wat die meule kan bedryf en onderhou nie, met die gevolg dat dié funksie afgestaan is aan die Vriende van Mostert se Meule, wat die meule die afgelope 25 jaar in ’n ten volle werkende toestand gehou het.

Hierdie unieke groep entoesiaste hou dus met eie arbeid, kundigheid en hulpbronne letterlik en figuurlik die meule aan die draai en danksy hulle is die fondsinsamelingsproses vir die restourasie ook in volle swang. Ons grootste lof en dank gaan aan hulle wat prakties illustreer hoe erfenis se toekoms deur gemeenskapsbetrokkenheid verseker kan word.

Tans word die oorblyfsels van die gebou steeds netjies met seile teen reënskade beveilig. ’n Konstruksie-ingenieur en ’n erfenisspesialisargitek het verslae oor die herstel van die gebou voltooi op grond waarvan beide HWC en DOW toestemming moet gee dat die projek mag begin.

Masjinerie is met die nodige toestemming verwyder en veilig bewaar. Dele is herbuikbaar, wat ’n groot bonus is. Herstelwerk daaraan het reeds begin, nadat HWC die groen lig aan Vriende gegee het om daarmee voort te gaan.

Vriende het onder meer reeds ’n skenking van ysterhout en baie finansiële bydraes uit die buiteland en plaaslik ontvang. Dit gaan wel ’n duur projek wees, en nog donasies is baie welkom. Lede van die publiek en besighede kan ook by Vriende van Mostert se Meule aansluit. Die bankbesonderhede en meer inligting is beskikbaar by http://www.mostertsmill.co.za/.

Ons bedank die toegewyde groep vrywilligers en sien uit na die dag wat ons kan berig dat die meule se wieke weer in die Kaapse wind dans.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest