Leesvordering:

Heenkoms – ’n Afrikaanse digbundel vanuit die noorde

Nov 3, 2021

Met emigrasie uit Suid-Afrika wat ’n kenmerk van ons tyd is, is daar ’n groeiende hoeveelheid Afrikaanse publikasies uit die pen van tydelike en permanente emigrante self, maar ook mense wat in Suid-Afrika bly en deur die tema aangegryp word.

’n Voorbeeld in dié verband is Heenkoms, ’n digbundel wat pas uit die pen van Meyer van Rensburg verskyn het.

Hierdie boorling van Upington het in die Noord-Kaap en Noordwes grootgeword en sy loopbaan as klankingenieur by die SAUK begin. Hy was altyd vaardig met die pen en het onder meer lirieke vir musiekkunstenaars geskryf en later ook gedig. Sy debuutbundel, Klankmanwoordboom, het in 1983 verskyn.

Later het hy ook as omroeper by Punt Radio en Radio Kansel gewerk en Teologie begin studeer. In 2004 het hy en sy gesin na Engeland verhuis, waar hy by verskeie kolleges begin klasgee het. Hy het ’n doktorsgraad in Teologie verwerf en sewe werke oor teologiese onderwerpe gepubliseer.

Die bekende digter, skrywer, letterkundige en omroeper, Daniël Hugo, het hom aangespoor om weer te dig en die resultaat is Heenkome, waarin Meyer oor sy jeugherinneringe, die verhuising na Engeland en teologiese idees vertel.

Die bundel se omslag is besonder mooi en dit is verrassend om te lees dat dit die afbeelding van ’n skildery is wat Meyer self geskilder het – hy is voorwaar ’n man van vele talente!

Veral sy skeppings oor Londen, bakens in Kent, Wiltshire en Gloucester, en uiteraard sy gesins-, godsdienstige, doseer- en musiekervarings in Engeland sal vir die lesers van Wêreldwyd interessant wees. Enigeen wat al in die buiteland gewoon en gewerk het, of van dié plekke besoek het, sal heerlik aanklank vind by die beskrywings van sy ervarings en ook die verlange na die suidpunt van Afrika wat altyddeur weer opduik.

  • Heenkoms kan teen R200-00 bestel word van Imprimatur Uitgewers by www.imprimatur.co.za.
Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest