Leesvordering:

Pretoria verjaar!

Nov 4, 2021

Die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika, Pretoria, is vandeesmaand 166 jaar gelede, op 16 November 1855 gestig. Dié dorp is na Andries Pretorius vernoem en daar is op die ligging daarvan besluit aangesien Potchefstroom en Lichtenburg nie as sentraal genoeg vir die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) se Volksraadsvergaderings beskou is nie.

Die gebied waar Pretoria vandag geleë is, het in die 1840’s baie aantreklike landboumoontlikhede vir die Voortrekkers gebied en enkele plase, soos Elandspoort, is reeds vroeg in die 1840’s hier aangelê.

Robert Peacock wat in 1955 sy doktorale studie oor die geskiedenis van Pretoria gedoen  het, skryf soos volg oor die gebied (na aanleiding van die herinneringe van Maria Jacoba Minnaar, gebore Bronkhorst, soos opgeteken in 1915):

In 1844 was die Apiesrivier sterk, en het op plekke “vry diep geloop. Die bron was oop en omring van wilde boskasie van varens en bome.” Die vallei van die Apiesrivier was ’n “lusoord, mooi van natuur en geseën met ’n lieflike klimaat en baie water”. “Die bulte en vlaktes na die ooste en weste toe was net so ruig begroei met met soet- en kameeldoring en ander bome,” terwyl die middelste gedeelte van die teenswoordige stad “bontveld” was. Hierdie “bontveld’ met sy oop kolle tussen die bome het aan die omgewing ’n “parkagtige voorkoms”, gegee terwyl die “wagenbietjie en die wit buffelpeer bloesems in die somer die lug oorlaai het met heerlike geure.”

 Foto’s: ’n Blik op Kerkstraat in 1891; en die Apiesrivier in die omgewing van Daspoort – datum onbekend.

Bron: Het Geheugen

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest