Leesvordering:

Die Gelofte: Tien feite

Des 7, 2021

Die Gelofte wat ’n groep Voortrekkers in 1838 kort vóór die Slag van Bloedrivier onder leiding van hoofkommandant A.W.J. (Andries) Pretorius afgelê het, word vandag nog – 183 jaar later – herdenk. Volgens Alana Bailey het die herdenking van die Gelofte aanleiding gegee tot die oudste Afrikanerfees. In ’n meestersgraadstudie (2002) oor die herdenking van die Gelofte het Bailey verskeie interessante feite hieroor opgediep. Hier is tien treffende feite oor die Gelofte uit dié studie:*

  • ’n Gelofte kan beskryf word as “’n verbintenis van die siel”, oftewel ’n “plegtige belofte aan God” waarin die persoon of groep wat die gelofte aflê hom onder aanroeping van God “plegtig verbind om iets te doen of na te laat”. Indien God beskik wat in die gelofte gevra word, is dit blote genade en nie omdat daar ’n verpligting op Hom rus nie.
  • Die oorsprong van die Voortrekkers se 1838-Gelofte kan gevind word in die geskifte van die Nederlandse Protestant, teoloog en skrywer Wilhelmus á Brakel (1635-1711). Hy het ’n gelofte beskryf as ’n verbintenis met God om ’n goeie saak wat binne die vermoë van die aflegger is, uit vrye wil te doen of toe te laat.
  • Die idee vir die aflegging van die Gelofte het na alle waarskynlikheid van beide Sarel Cilliers en Andries Pretorius gekom.
  • Die Voortrekkerkommando wat die Gelofte afgelê het, het daarin plegtig beloof dat indien die Here die gebed sou verhoor, hulle die dag jaarliks as dankdag aan God sou wy, ’n kerk tot Sy eer sou oprig en die geskiedenis van die gebeure aan hul nageslag sou oordra.

Daar is nie vandag enigheid oor die plek en datum waarop die Gelofte die eerste keer afgelê is nie. Sommige historici meen dit was op 7 Desember 1838 by Danskraal, terwyl ander meen dat dit op 9 Desember by Wasbank afgelê is. Dit is elke aand daarna, tot 16 Desember, herbevestig.

  • Die oorspronklike Gelofte van 1838 is óf nêrens woordeliks aangeteken nie óf dit het nie in die oorspronklike vorm op skrif bewaar gebly nie. Die oudste weergawe is dié van Jan Bantjes wat in sy dagverhaal opgeteken is.
  • Die eerste herdenking van die Gelofte het direk na afloop van die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 plaasgevind toe ’n dankdiens in die laer gehou is.
  • Daar is reeds in Mei 1839 met die insameling van fondse vir die oprigting van ’n kerk begin. Die kerk is uiteindelik teen die middel van 1841 in Pietermaritzburg voltooi en ingewy.
  • Hoewel die Gelofte in die eerste sowat 70 jaar ná die Slag van Bloedrivier op verskillende maniere en onder verskeie benamings herdenk is, is dit eers in 1910 amptelik in die Unie van Suid-Afrika as Dingaansdag gevier.
  • Daar was verskeie besware teen die benaming “Dingaansdag”, en dit is in 1952 verander na “Geloftedag”. Die benaming “Geloftedag” vir die nasionale vakansiedag is in 1995 deur die Suid-Afrikaanse regering verander en staan sedertdien as Versoeningsdag bekend.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest