Leesvordering:

AFRIFORUM STAAN DIE ANC SE NUUTSTE POGING OM EIENDOMSREG TE BEDREIG TEEN

Apr 28, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag aangekondig dat hulle die ANC se poging om eiendomsreg in Suid-Afrika af te water gaan teenstaan.

Die ANC het in 2021 daarin misluk om die grondwetwysiging, wat die onteiening van privaat eiendom sonder vergoeding sou moontlik maak, aanvaar te kry.

Nou het ’n ANC ekonomiese beleidsdokument nuwe voorstelle oor grondhervorming gemaak. Die referaat stel die skepping van ’n Landbou-ontwikkelingsagentskap voor wat verantwoordelik sal wees daarvoor om beleide en prosesse in plek te sit om die skenking van grond aan swart boere te fasiliteer, en om aansporingsmeganismes te skep – soos SEB-erkenning – vir boere wat grond skenk of ondersteuning aan swart boere verleen.  Hierdie agentskap sal ook ’n Grondhervormingsfonds stig en bestuur om die vordering van grondtransaksies aan te teken en te monitor sowel as advies te gee oor vennote aan swart boere.

Dit is duidelik nog ’n bedekte poging van die ANC om met eiendomsreg in te meng. Die kanse dat hierdie agentskap op ’n neutrale en regverdige manier gaan optree is hoogs onwaarskynlik.

Die ANC se bewerings dat die model van gewillige koper en gewillige verkoper misluk het, is ook onwaar, aangesien die regering meer as R60 miljard aan grondhervorming bestee het, maar slegs ’n geraamde 6,3% van die grond wat gekoop is, aan privaat eienaars oorgedra is. Dit is dus die ANC wat onwillige verspreiders is van die grond wat hulle opgegaar het.

Die betrokkenheid van die Land Bank is ook kommerwekkend, aangesien die bank verliese van miljarde rande gely het. In 2021 het ’n verslag deur die ouditeur-generaal bevind dat die Land Bank se finansiële verliese vir die jaar tot 31 Maart 2020 met 211% tot R2,8 miljard gegroei het, vergeleke met ’n verlies van R902 miljoen in die vorige jaar.

“Die feit dat die plan die toekenning van SEB-punte aan grondeienaars wat deelneem insluit, wys opnuut dat die ANC absoluut rasbehep is,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogbestuurder.

“Al het die ANC die illusie probeer skep dat die fondse vir hierdie projek deur skenkings vanuit die privaatsektor ingesamel sal word, maak die die beleid dit duidelik dat fiskale toelaes ook gebruik sal word om hierdie projek te finansier. So weereens is dit die belastingbetaler wat die rekening sal betaal,” sê Broodryk.

Die ANC is duidelik op die agtervoet sedert hul parlementêre mislukking om die regering se diefstal van eiendom te wettig en raak hulle al hoe meer desperaat om hierdie beleid van hulle te probeer afdwing.  AfriForum sal aanhou veg vir eiendomsreg en sal voortgaan om die staat se voortdurende inmenging in eiendomsbesit teen te staan.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest