Leesvordering:

Kollig Nuusbrief: 28 April 2022

Apr 28, 2022

Hiermee die nuutste AfriForum Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Hier is die gewildste artikels:

Op reis met jou smaaksintuig
Die feit dat baie mense wat Covid-19 opgedoen het, hul reuk- en smaakvermoë verloor het, het ’n mens weer herinner hoe belangrik jou ruik- en proesintuig is.

Dit is nogal interessant hoe intens ’n mens ’n bepaalde smaak kan ervaar, veral wanneer jy op reis is. Soms bly die herinnering daaraan jou lewenslank by.

Lewenskoste in die buiteland
Al ooit gewonder wat die werklike lewenskoste is in ander lande en hoe dit met Suid-Afrika vergelyk?

Behalwe vir lewenskoste moet die koopkrag, gemiddelde salarisse en die lewensgehalte ook in ag geneem word.

Pretoria vaar goed as dit by lewensgehalte kom, en word baie naby aan Londen en New York gereken. Kaapstad en Durban doen nog beter en die  lewensgehalte in hierdie stede word naby dié van Los Angeles en Brussels gereken.

Uit en Tuis: ’n E-pos uit Phuket
Uit en Tuis is ’n rubriek waar ons met mense gesels wat tans in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het. Hierdie week gesels ons met Sulize Koekemoer wat in “The land of smiles” woon. Sy vertel ons bietjie meer van haar avonture in die buiteland en hoe sy mamma-kos maak as die verlange te veel raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest