Leesvordering:

Mosselbaai se ryk erfenis

Mei 18, 2022

deur Alana Bailey

’n Betreklik nuwe toerisme-trekpleister in Mosselbaai is The Town’s House in Markstraat, met ’n pragtige uitsig oor die hawe en baai.

Hierdie sandsteengebou is in 1879 opgerig en het destyds die munisipale kantore, raadsaal en die markmeester se kantoor gehuisves.

Boere het hulle produkte hierheen gebring om dit aan besoekende skepe en die plaaslike inwoners te verkoop. Die sluitstene bo die vensters aan die voorkant van die gebou dui aan wat destyds tipies verkoop is, naamlik volstruisvere, vee, wol, druiwe en graan.

Die gebou is onlangs opgeknap en herdoop na The Town’s House (helaas Engels in ’n baie Afrikaanse omgewing). Dit huisves plaaslik vervaardigde kuns- en handwerk wat eie aan die omgewing is, asook uitstallings wat meer oor die dorp se geskiedenis vertel. Dit sluit historiese foto’s en ook ’n wa en reuse rottangmandjie in.

Die wa was Mosselbaai se heel eerste brandweerwa. Dit is in die dorp en omgewing gebruik wanneer brande uitgebreek het, maar is ook deur die sogenaamde Vuurpylbrigade ingespan wanneer skepe in die moeilikheid geraak het. Die brandweerspan was almal vrywilligers.

Die Vuurpylbrigade het dié naam gekry omdat vuurpyle gebruik is om kabels te skiet na skepe wat gestrand het of besig was om te sink. Die bemanning of passasiers kon dan met behulp van die kabels of boeie daaraan, gered word. Navorsing oor die skepe wat in die omgewing vergaan het, bewys dat die brigade sukses behaal het.

Op 29 Mei 1882 het die Louisa Dorothea, ’n Duitse 3-mas skoener van 227 ton, vergaan in ’n suidooster stormwind. Sy was van Adelaide af onderweg en het koring en meel vervoer. Drie bemanningslede het verdrink, maar vyf is deur die Vuurpylbrigade gered.

Meer onlangs op 12 Februarie 1938 het die vistreiler Eclair naby Kanon gestrand. Slegs een bemanningslid het verdrink, die ander is almal danksy die Vuurpylbrigade veilig aan land gebring.

’n Soortgelyke wa word ook deur die Chavonnes Batterymuseum in Kaapstad bewaar. Die museum se webwerf sluit ’n besonder interessante artikel oor lewensredding deur middel van vuurpyle in (klik hier).

Maar terug na The Town’s House in Mosselbaai. By die brandweerwa is ’n enorme rottangmandjie, bekend as ’n People’s Transport Basket. Dit is gebruik om mense en pos vanaf groot skepe aan land te neem.

People’s Transport Basket

In groter hawestede soos Kaapstad en Durban is bootjies vir die doel gebruik, maar in onder meer Oos-Londen en Mosselbaai moes mense in die mandjies klim en hulle is dan van die skepe af, of daarop gehys.

Volgens my gids het myne van rottangmandjies gebruik gemaak omdat die rottang lig is, maar besonder duursaam. Dit was dus ’n veilige manier om mense op te hys, maar nie noodwendig gewild nie. Wanneer die see stormagtig was, is die arme mense in die mandjies soms deurweek. In die Victoriaanse tyd het die vrouens ook nie graag in die mandjies geklim met hulle hoepelrokke nie, want as daar ’n paar mense op ’n keer binne die mandjie was, was dit letterlik buig of bars om in te kom en die rokke het dan net nooit weer dieselfde gelyk nie …

Daarnaas is ’n gebou wat eens bekend was as die Markhuis. Dit is in 1858 gebou en het gedien as biblioteek en lokaal vir openbare en munisipale vergaderings. Deur die jare is dit ook aangewend as danssaal, Telegraafkantoor, wolstoor, veilingslokaal en halte vir poskoetse. Dit het te klein geraak vir vergaderings en het mettertyd verval. Gelukkig is dit in 1977 tot nasionale monument verklaar en is ook netjies opgeknap. Dit huisves onder meer ‘n kunsgalery en restaurant.

As jy weer in Mosselbaai kom, gaan kyk na die pragtige kuns- en handwerk wat te koop is in die mooi ou Town’s House, gaan groet die wa en mandjie, en span daarna uit met ’n heerlike koppie koffie by die restaurant langsaan!

LEES OOK: Mostert se meule – restourasiewerk vorder!

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest