Leesvordering:

Natuurhoekie – Swartwitpense

Mei 20, 2022

Kastaiingbruin tot donkerbruin swartwitpenskoeie en jongelinge (Hippotragus niger) wei by die Silolweni-rivier, suid van die Tshokwane-piekniekplek in die Nasionale Krugerwildtuin. Die dominante koei terroriseer die ander met haar lang horings tot hamerkoppe (Scopus umbretta) hulle laat skrik en hulle laat spaander.

Swartwitpense is een van die groter bokspesies in Afrika, met bulle wat sowat 235 kg. (518 lb.) en koeie wat ongeveer 220 kg. (490 lb.) weeg. Die gemiddelde lewensduur van ’n swartwitpens is 19 jaar in die natuur en 22 jaar in gevangenskap.

Die beeldmateriaal is andermaal deur Katie en André van Two-V Productions voorsien. Hartlik dank aan hulle hiervoor! Teken asseblief in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word en is eersdaags ook weer in die winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin beskikbaar. Dit sluit die vierde boek in die reeks wat onlangs verskyn het, in.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest