Leesvordering:

AfriForum kritiseer NGV; versoek President en Minister van Gesondheid om te heroorweeg

Mei 26, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n brief aan president Cyril Ramaphosa en die Minister van Gesondheid, dr. Joe Phaahla, gestuur waarin hulle versoek dat die regering die implementering van Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) heroorweeg. Dit volg nadat Phaahla onlangs bevestig het dat die land het ’n tekort aan dokters het met ’n dokter-tot-pasiënt-verhouding van 0,32 tot 100.

AfriForum se brief voer aan dat NGV onbekostigbaar is vir die reeds oorbelaste belastingbetaler, wat hoër belas word as in ander lande met vergelykbare BBP’s en gedwing word om “dubbele belasting” te betaal vir noodsaaklike private dienste soos gesondheidsorg. Die burgerregteorganisasie voer ook aan dat die gesentraliseerde siekefonds vatbaar sal wees vir presies dieselfde mislukkings wat byna alle staatsbeheerde entiteite (SBE’s) kenmerk. Wat miskien meer kommerwekkend is, is ’n 2021-peiling van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging wat wys op die moontlike massa-emigrasie van professionele gesondheidsorgpersoneel sou NGV implementeer word.

As ’n oplossing stel AfriForum voor dat die regering moet begin om die reeds bestaande bestuurskwessies in die openbare gesondheidsektor op te los. Daarmee saam stel AfriForum voor dat die private sektor verder uitgebrei en gestimuleer moet word om groter mededinging tussen mediesefondsverskaffers te verseker en sodoende die vrye mark toe te laat om pryse vir kopers af te bring.

“Die onlangse bevestiging deur die minister van die ernstige tekort aan dokters in Suid-Afrika, is net nog ’n voorbeeld van hoekom ’n staatsmonopolie gesondheidsektor katastrofies sal wees. Hierdie brief is ’n poging om ’n konstruktiewe dialoog met die regering te bewerkstellig teenoor die NGV. As die brief egter op dowe ore val, sal AfriForum voortgaan om die voorgestelde wetgewing teen te staan ​​met al die middele tot ons beskikking. Ons stryd teen NGV is een van die belangrikste gevegte en die toekoms van die land hang daarvan af,” sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest