Leesvordering:

NUUT: Boustene: 25 jaar se idees vir die toekoms

Jun 9, 2022

In Julie 1997 is ’n jong en relatief onervare Flip Buys aangestel as die hoofsekretaris van die destydse sukkelende Mynwerkersunie (MWU). Sedertdien is dié vakbond onder Buys se leiding nie net omskep tot ’n moderne supervakbond nie, maar meer as twintig afsonderlike organisasies het ook reeds daaruit voortgespruit. Buys is sedert die ontstaan van die oorkoepelende Solidariteit Beweging aan die stuur van dié omvangryke organisasie wat tans meer as 500 000 gesinne verteenwoordig.

Boustene: 25 jaar se idees vir die toekoms (onder redaksie van Wikus Buys en Paul Maritz) is pas by AfriForum Uitgewers (voorheen bekend as Kraal Uitgewers) bekendgestel. Dié boek bevat 25 hoofstukke deur verskeie leiers in en buite die Solidariteit Beweging, insluitende dr. Pieter Mulder (voormalige leier van die Vryheidsfront Plus), Chris Chameleon (sanger, akteur en liedjieskrywer) en dr. Dirk Hermann (bestuurshoof van Solidariteit). Die boek werp lig op die 25 jaar waarin Flip Buys, tans voorsitter van die Solidariteit Beweging, al ’n uitsonderlike bydrae as vakbond- en kultuurleier gemaak het. Dit lewer ook ’n hoopvolle bydrae tot die toekoms van die Afrikaner.

Besoek die uitgewer se veilige aanlyn winkel vir meer inligting.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest