Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Saffas Bistro

Jun 21, 2022

Hierdie week se onderneming in die Kollig is Saffas Bistro in Pole. Ons plaas ook die fokus op ander Suid-Afrikaanse ondernemings wat ’n wonderlike netwerk in Pole het.

Saffas Bistro in Wroclaw het sy deure op 26 Februarie 2022 oopgemaak. Die Suid-Afrikaanse hoofsjef Gabriel le Roux, wat beide die eienaar en sjef is, het besluit dit is tyd om die Poolse palet aan die eksotiese en eg Suid-Afrikaanse kookkuns voor te stel. Gaste kan uitsien na fantastiese kos, goeie wyn en ware Suid-Afrikaanse gasvryheid met klassieke gunstelinge, van bobotie tot boerewors, van koeksisters tot melktert, van “bunny chow” tot koperpenniewortelslaai.

Gabriel het onder Lannice Snyman, Topsie Venter, en onder Peter Veldsman in Kaapstad gestudeer. Hy het as hoofsjef by De Waterblommetjie Restaurant gewerk – een van die Eat Out Top 100 Restaurante in Suid-Afrika. Daarna het Gabriel gaan reis terwyl hy Suid-Afrikaanse kookkuns by van die luuksste eilandeiendomme in die Seychelles, Bahamas, Thailand en die Maldives bemark het en die titel World Master Chef in 2017 verwerf het.

Gabriel en sy Poolse vrou Monika het in 2020 besluit om Pole te besoek vir ’n kort vakansie en hier het Gabriel die geleentheid raakgesien om die Suid-Afrikaanse/Poolse kombinasie van kos te bemark.

Gabriel sê: “Toe ek begin reis het en Poolse kookkuns begin bestudeer het, het ek besef hoe baie ooreenkomste daar is in die manier waarop Poolse en Suid-Afrikaanse geregte voorberei word. Ek was verbaas hoe baie dieselfde party van ons disse is. Een voorbeeld hiervan is Ouvrou onder die kombers (’n gereg wat my ma ten minste een keer ’n maand gemaak het) en hoe dit vergelyk met Poolse Gołąbki. Dit is verbasend baie dieselfde en daar is baie ander disse wat ook baie met mekaar ooreenstem.”

Gabriel het as privaat sjef begin werk en deur Pole gereis waar hy in die gerief van hul eie huise vir gaste gekook het met sy Suid-Afrikaanse/Poolse inspirasie. Daarna het  CHEFSbiltong die lig gesien – biltong, droëwors, boerewors en ander Suid-Afrikaanse lekkernye soos chakalaka, sosaties, beskuit, ens. 

Gabriel het vir Rodi Hennaw ontmoet, wat van George in die Tuinroete af kom en ’n koswa in Krakow het wat al verskeie toekennings losgeslaan het (Krakow’s Yellow Submarine Smash Burger & Shake), asook vir Majiec Lobejko, wat hom aan Rudy Seriese voorgestel het. En soos hulle sê, die res is geskiedenis!  Rudy is van Kaapstad af en ’n groot invoerder van Suid-Afrikaanse wyne in Pole, en ook die eienaar van Wine Spot in Wroclaw, n baie suksesvolle wynkroeg. Hulle het ’n passie vir oorspronklikheid en bedien net die beste kos en wyn in Wroclaw en het besluit om ’n tweede Suid-Afrikaanse restaurant in Zwycieska, Partynice (’n meer eksklusiewe area in Wroclaw) oop te maak.

“Mense hier in Pole hou reeds baie van Rudy se ingevoerde Suid-Afrikaanse wyne. Kom ons gaan nou ’n stap verder en wys hierdie stad met sy kompeterende koskultuur waar Dawid die wortels begrawe het.”

Gabriel le Roux
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest