Leesvordering:

Natuurhoekie – Onwettige handel in ietermagogs kommerwekkend

Jul 1, 2022

Deur Alana Bailey

Daar word beweer dat die ietermagog die wêreld se mees verhandelde soogdier is. Tot soveel as 20% van alle onwettige handel in wildlewe vind met dié diere plaas. Dit gaan veral oor hulle skubbe wat in tradisionele Chinese en Afrika medisyne gebruik word, maar die diere word ook in Asië en Afrika geëet. Verder word hulle vir rituele doeleindes gebruik, of vir die maak van mode-items. Hulle status is tans kwesbaar tot kritiek bedreigd.

’n Polisiebeampte en sy vermeende medepligtige is op 27 Junie 2022 deur die Valke in Johannesburg gearresteer vir die beweerde handel in ietermagogs. Die voertuig waarin hulle was, is by die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Mamelodi-Oos geregistreer. ’n Beseerde en getraumatiseerde ietermagog is daarin gevind. Dit is versorg en sal in ’n veilige gebied vrygelaat word. Die twee mans sal in aanhouding bly, hangende verdere ondersoeke.

Die Suider-Afrikaanse ietermagog (Smutsia temminckii) eet hoofsaaklik termiete. Hulle kry slegs een kleintjie op ’n keer, wat tot hulle skaarsheid bydra.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest